Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Skrywer: admin (Page 140 of 343)

God is die een en die al van ons bestaan en moet daarom verheerlik word in ons dade!

Skriflesing: Fil 2:5-18
Teksvers: Fil 2:12b,13
HK Sondag 32

Goeie werke is noodsaaklik in die Christen se lewe met die doel…

  • Sodat ons met ons hele kan bewys dat ons dankbaar is vir God vir sy Goeie werke in ons.
  • Sodat God deur ons geprys kan word.
  • Sodat ons vir onsself sekerheid kan verkry uit ons dade.
  • Sodat ons ons naaste vir God kan wen deur ons dade.

Maar ons doen juis goeie werke net uit die krag van God en deur sy genade tot sy eer. Dit is belangrik om vir alles die eer aan God alleen te gee.

JALOERS is die Naam van die HERE

Skriflesing: Eksodus 34:1-16
Teksvers: Eksodus 34:12-14

Jaloesie is ‘n eienskap wat nie baie positiewe optrede kweek by mense nie. Oor die algemeen is dit ‘n negatiewe kenmerk wat baie sterk op jou eie belange fokus. Ons hou nie van mense wat jaloers is nie, want hulle tree uiters selfsugtig op. Die Bybel leer ons ook dat jaloesie die ondergang van die huwelik, verhoudinge en lewe kan veroorsaak.

Waarom dan sal die HERE Homself Jaloers noem?

Ons staan vanoggend stil by die tema: JALOERS is die Naam van die HERE.

« Older posts Newer posts »