Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Skrywer: admin (Page 125 of 343)

Weerspieël die heerlikheid van die Here

Skriflesing: Ex 34:29-35; 2 Kor 3:1-18; Heb 10:19-25
Teksvers: 2 Kor 3:18

Moses moes ‘n sluier oor sy gesig dra sodat die Israeliete nie kon sien dat die glans wat daaruit gestraal het al flouer geword het nie. Dit nadat Moses in God se teenwoordigheid was toe hy die tien gebooie ontvang het. 

Vandag moet ons die heerlikheid van die Here weerspieël in ons lewens. Ons kan dit doen omdat die voorhangsel geskeur is met Jesus se kruisiging. Dit kan net gebeur deur die werking van die Heilige Gees. Die vraag is aan elkeen van ons, weerspieël ons die heerlikheid van die Here in ons lewens of is ons bloot wettisties om God daardeur te wil dien? 

  • Moses se gesig blink omdat hy met God gepraat het. 
  • Die voorhangsel het geskeur sodat ons direk met God praat. 
  • Ons moet die heerlikheid van God weerspieël. 

Trek vyf kledingstukke aan

Kol 3:12 (’53 vertaling) “Beklee julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid.” 

Paulus noem die Kolossense hier uitverkorenes. Wat ’n gelaaide term, wat ‘n voorreg en genade om so genoem te word. 

“Uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes.” 

God het hulle/ons uitverkies. God het hulle/ons geheilig, afgesonder. 

God het hulle/ons lief. So, die uitverkiesing is ‘n gegewe vir almal wat waarlik in Jesus Christus glo. Die uitverkiesing is ‘n feit. Jy werk nie om dit te verdien nie. Jy moet nie iets bewys daarvoor nie. Dit is in God se soewereine groot genade. 

Met hierdie groot genade wil ons nie anders, as om dankbaarheid teenoor God te bewys nie, ‘n dankbaarheidslewe tot sy eer nie. 

God verwag dat ons lewe sal bewys dat ons uitverkies is. (2 Pet 1:10) 

Jy moet beklee word met… en Paulus noem vyf eienskappe in Kol 3:12. Hierdie eienskappe word ook in die Bybel gebruik om God en Christus se optredes te omskryf. En dit is juis hoekom die uitverkore volk ook al meer en meer hierdie eienskappe nastreef. 

Die vyf kledingstukke, wat ons geestelikgewys moet aantrek is, meelewendheid, goedgesindheid, nederigheid, sagmoedigheid en verdraagsaamheid. 

Dit is dan deel van die nuwe lewe van ‘n Christen. Dit is om in liefde teenoor mekaar te lewe en so ook jou liefde teenoor God te bewys. Dit is hoe ons dan ook as gemeente wil saamleef om God te vereer en te verheerlik. 

Mag ons ook deur die genade van God en die werking van die Heilige Gees ons so beklee. 

Ds. Gerrit 

« Older posts Newer posts »