Skriflesing: Eksodus 20:8-11 (2020)
Teksvers: Eksodus 20:9
HK: Sondag 38
Die vierde gebod gee meer as net die opdrag van rus. Dit is ook die werk-gebod. Werk word egter hier in meer as een betekenis aan ons as opdrag gegee. Daar is inderdaad vier opdragte in hierdie gebod:
Arbei – Dit is harde slawe arbeid, fisiese werk (Labour).
Werk – Dit is in die beroep waarin jy staan (Occupation).
Doen – Dit is om af te handel. (Produce).
Rus – Om te herstel. Meer spesifiek om in die Here te rus.
Om te rus is nie om niks te doen nie, maar eerder ‘n aktiewe handeling wat nie met jou werk te doen het nie. Hierdie rus moet egter gepaard gaan met die heiliging van die rusdag, met die gevolg dat jy jou geestelik moet versterk in die verlossing wat vir jou verwerf is.