Skriflesing: 1 Samuel 4: 1-22 (2020)
Teksvers: 1 Samuel 4: 20-22

God is nie ‘n gelukbringer nie. Ons kan nie ons godsdiens of geloof aanwend om voorspoed te bewerk nie. 

Dit is ongelukkig wat in sommige mense se lewens gebeur. As Israel teen die Filistyne verloor op die slagveld, dan bring hulle “God” na die slagveld toe, by wyse van die verbondsark. Die gejuig is geweldig asof Israel gewen het, maar die geraas is leeg. Dit beteken niks. Die slag word verloor en die ark word weggevoer. 

As Phineas se vrou verneem van die verlies, gee sy geboorte, maar daar is geen vreugde nie. Ikabod, die eer is uit Israel weggevoer…