Skriflesing: Mat 3:1-12
Teksvers: Mat 3:2,8,11; Mat 4:17
HK Sondag 48
Beide Johannes en Jesus uiter die woorde: “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom.” Wat bedoel Johannes en wat openbaar Jesus hierdeur?
‘n Koninkryk veronderstel dat daar onderdane, grondgebied en ‘n koning is. ‘n Koninkryk veronderstel dat daar orde is. Hierdie koninkryk is so belangrik dat Jesus ons juis geleer het om te bid en te vra daarvoor:
“Laat U koninkryk kom!”
Ons gaan na drie sake kyk…
- Wat is die koninkryk? v2
- Die eise van die koninkryk! v8
- Die troos van die koninkryk! v11