Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Etiket: Sondag 8

Die Heilige Drie-eenheid! 

Skriflesing: Joh 14:15-31; Jes 63:7-16
Teksvers: Joh 14:25,26:
HK Sondag 8

Kan ons die Drie-enige God verduidelik? 

Indien wel, hoe kan ons Hom verduidelik? 

Daar is al baie pogings deur gelowiges aangewend om God te probeer verduidelik. 

Ons belydenis is egter wat die Woord aan ons leer. 

NGB art. 1

“Ons glo almal met die hart en bely met die mond dat daar ‘n enige en enkelvoudige geestelike Wese is wat ons God noem. Hy is Ewig, Onbegryplik, Onsienlik, Onveranderlik, Oneindig, Almagtig, Volkome wys, Regverdig, Goed en die Alleroorvloedigste fontein van alles wat goed is.” 

Hier bely ons dat God Onbebryplik is. 

Kan ons God dan hoegenaamd verduidelik? 

  • Nee ons kan nie! 
  • Ons glo wat God in die Woord van Homself openbaar. 

Die Drie eenheid

Skriflesing: Joh 14:15-31
Teksvers: Joh 14:16,17, 25, 26
HK: Sondag 8

Ons prediking handel vanaand oor die ewige en Drie-enige God, Vader, Seun en Heilige Gees. Ons moet handel oor Hom wat niemand op aarde nog ooit gesien het nie en wat tog aan ons bekend is deur die Bybel. Die Almag, grootheid van die Drie-enige Verbondsgod, bly vir ons ‘n misterie en tog mag en moet ons ook hierdie saak in die geloof benader. Geloof is meer ‘n aksie van die hart as van die verstand, die liefde aanvaar waar die verstand nog nie kan begryp nie.

Ons gaan vanaand na twee sake kyk:

  • Daar is ‘n God.
  • Daar is ‘n Drie-enige God:
    • Vader,
    • Seun en
    • Heilige Gees.

Laai af

Vader, Seun en Gees, Drie-Enig is U o Here!

Skriflesing: Johannes 14
Teksvers: Johannes 14:23 en 24
HK: Sondag 8

Ander Skrifgedeeltes om te kan lees: Hand 2: 14-36; Deuteronomium 6:4; 1; Die Vader is God = Johannes 6:27; Die Seun is God: 1 Johannes 5:20. Die Heilige Gees is God: Handelinge 5:3-4; Romeine 8:9;
In Sondag 8 word daar gekyk na die Apostoliese Geloofsbelydenis (Die twaalf artikels) se indeling.
Die twaalf artikels word in drie dele verdeel, nl die eerste deel wat oor God die Vader en ons skepping handel; die tweede deel handel oor God die Seun en ons verlossing; en die derde deel handel oor God die Heili-ge Gees en ons heiligmaking.
Die Bybel stel dit duidelik dat daar nie net een, enige Goddelike Wese is. Tog praat ons van drie, naamlik die Vader, Seun en Heilige Gees. Dit is so omdat God Hom so in sy Woord aan ons geopenbaar het dat hierdie drie onderskeie Persone die enige, ware en ewige God is.

Laai af