Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Etiket: Sondag 52

Die Doksologie! Die Lofverheffing! Die Amen van die gebed!

Skriflesing: Open 5:1-14; Mat 6:9-13
Teksvers: Open 5:9,10,13,14
HK Sondag 52

Satan versoek die mens maar God beproef die mens 

Wanneer laas het jy gesê: “Wyk Satan, wyk!” Satan die wêreld en ons eie vlees val ons elke dag aan. Waarmee God ons beproef, om ons geloof te louter en te versterk, gebruik Satan om ons te versoek. Deut 13:1-3. God versoek nie die mens om hom tot sonde te beweeg nie, maar God laat ons soms in versoeking kom, 

Die Lof aan God die Vader en die Seun as die Lam van God kan nooit genoeg wees nie. Die kring van engele wat rondom die vier en twintig ouderlinge en die vier lewende wesens gestaan het, was duisende der duisende, miljoene der miljoene. So geweldig is die lof, wat aan God, die Lam gebring word. En met hierdie selfde lofverheffing sluit ook die gebed af wat ons Here Jesus Christus ons geleer het om te bid. Hier het ons die gebedsgrond en gebeds-vertroue waarmee ons die Onse Vader mee afsluit. 

Jesus Christus is ons Amen

Skriflesing: Openbaring 5:1-14 
Teksvers: Openbaring 5:13-14 
HK Sondag 52

Ons gebruik die woordjie “Amen” so maklik en sonder werklike begrip van die betekenis wat dit dra. Dit is ‘n eg Bybelse woord en tog word dit erken in die wêreld. Want amen is meer as net ‘n woord. Dit is ook ‘n Persoon. In Openbaring 3:14 staan daar: “Dit sê die Amen, die getroue en waaragtige Getuie…” 

As die Jesus self in gesprek was het Hy telkemale sy sin begin met: “Amen, Amen Ek sê vir julle…” Daar is baie meer aan hierdie woordjie om jou gebed mee af te sluit. 

Ons staan vanaand stil by die doksologie van die gebed met die tema: Jesus Christus is ons

Amen.