Skriflesing: Matteus 4:1-11; Deuteronomium 8:1-6
Teksvers: Matteus 4:4
HK Sondag 50

Het u al gewonder waarom ons Here Jesus ons sal leer om te bid vir brood voordat Hy ons leer om te bid vir sonde vergifnis? Beteken dit ons liggaamlike nood is belangriker as ons geestelike nood? 

Ons staan vanaand stil by die aangrypende gebeure van die versoeking in die woestyn waar ons Here Jesus ons leer oor die belangrikheid van ons verwagting oor God wat sorg.