Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Etiket: Sondag 47

Die Heilige God maak ons heilig sodat sy naam geroem word

Skriflesing: 1 Petrus 1:13-21
Teksvers: 1 Petrus 1:14-17
HK Sondag 47

Waarom leer ons Here Jesus ons om die eerste bede te
bid? Besef ons wat ons bid as ons vra dat die Here se
naam geheilig word?

Ons kan nie ons Vader in die hemel se Naam heilig maak
deur ons optrede nie. Ons verander nie Sy heiligheid nie.
Ons bid egter dat daar verandering by ons sal plaasvind.
Ons bid dat God ons sal lei in ons optrede sodat ons daardeur
sy Naam sal grootmaak.

Ons fokus is vanaand baie spesifiek oor dit waarvoor ons
bid as ons vir die Here vra om hierdie verandering by ons te
bring.

Die huis van gebed moet nie ‘n rowerspelonk wees nie

Skriflesing: Jeremia 7:1-34; Markus 11:12-26
Teksvers: Markus 11:9-11
HK Sondag 47

“Mag die koning ewig lewe” so het die mense van ouds die koning gegroet. Want niemand wat met ‘n koning begin te praat val net weg en vertel hom hoe sleg hy is en wat hy alles verkeerd doen nie. Dit is immers die koning. En al is hy ‘n slegte koning, beklee hy ‘n waardige posisie.

Soveel te meer vir die ware en ewige Koning voor wie ons neerbuig in aanbidding. In die eerste bede leer ons Here Jesus ons om te bid: “Laat U Naam geheilig word.” Want daarmee moet ons afsien van ons eie begeertes en belange om te fokus op die waardigheid van God.

Ons staan vanaand stil by hierdie eerste bede in die lig van Jeremia se verskrikking en ons Here Jesus se woede met die tema: Die huis van gebed moenie ‘n rowerspelonk wees nie.

Amen