Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Etiket: Sondag 44

Waarop sit jy jou hart?

Skriflesing: Spreuke 23:26 en 4:23; Psalm 40:9 en 27:4 (1953)
Teksvers: Spreuke 23:26 en 4:23
HK: Sondag 44

So kom die reeks preke oor die Tien Gebooie vanuit die Heid. Kategismus ook tot sy einde.

Duidelik is dit dat ons belydenis VERBIED dat ons enige lus mag koester om een van die gebooie te oortree. Daardie koestering is dinge van die hart, bekend aan jou self en God alleen. Daar soek die Here die ware diepe bekering, want daaruit (hart) ontspring die dinge van jou lewe.

Miskien bly die vraag dan watter begeertes WEL voor die Here aangenaam en mooi en goed is, sodat ons daarvolgens kan lewe.

Om waarlik gereformeerd te wees

Skriflesing: Genesis 39; Psalm 40:8,9; Heb 10:7-10
Teksvers: Genesis 39:6-9
HK Sondag 44

Die gewilligheid waarmee ons soek na die wil van God en die hartlike doen daarvan. is vanaand ter sprake. Nie die uitdink van jou eie beginsels (tradisies en gewoontes) en dit dan tot goddelike status te verhef nie, maar die wedergeboorte van jou hart en denke (kyk Rom 12:1,2), sodat ons alhoemeer dink en vra om te doen wat God wil.
As ons fokus sou wees om slegs te doen wat vir die HERE aanneemlik is, dan vorder ons eintlik eers werklik in die heiligmaking – al het “die allerheiligstes in hierdie lewe maar net die begin van hierdie gehoorsaamheid” – ten minste vorder ons in die heiligmaking.

My begeerte is om God te dien, dan het ek vrede!

Skriflesing: Ex 20:17; Gal 5:13-25 
Teksvers: Gal 5:16-18 
HK Sondag 44 

‘n Rooms Katolieke Priester het eendag gesê, hy het na duisende mense geluister wat hulle sondes kom bely het, moorde, diefstal, egbreek, steel, laster ens. Hy het van al nege die eerste gebooie belydenisse van oortredings gekry, maar nooit van die tiende gebod nie. Nooit het iemand gesê: “Ek bely dat ek van verkeerde begeertes brand nie.” 

Dit is sekerlik omdat ons begeertes dikwels verborge in ons harte lê waar niemand dit kan sien nie, buiten God. Daarom dink ons ons hoef dit nie te bely nie of dit is dalk nie so erg nie. 

Ons begeerte moet daarom wees om te leef volgens die vrug van die Gees. Dit moet ons begeerte wees. 

My begeerte is om God te dien, dan het ek vrede! maar Ek erken en bely dat ek die wet oortree!

Skriflesing: Ex 20:17; 1 Joh 1:1-10
Teksvers: 1 Joh 1:8,10
Ek het ‘n paar jaar gelede ‘n paartjie gehad wat wou trou en soos my gebruik is, het ek ten minste vier studeerkamer gesprekke met die oog op die huweliksvoorbereiding gehad. By die gesprek wat gehandel het oor kommunikasie en hoe hanteer jy verskille of woede in die huwelik, het die vroutjie, wat ‘n baie besliste persoon was, die volgende geantwoord op ‘n vraag wat ek gevra het:
Die vraag: Vra jy maklik verskoning as jy iets verkeerds gedoen het?
Antwoord: Ek maak nie foute nie!
Ons teksverse leer aan ons die teenoorgestelde: 1Joh 1:8 “As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself en is die waarheid nie in ons nie.” 1Joh 1:10 “As ons beweer dat ons nie gesondig het nie, maak ons Hom tot leuenaar en is sy woord nie in ons nie.”