Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Etiket: Sondag 37

Terme en Voorwaardes geld

Skriflesing: Genesis 21:22 – 22:19 (2020)
Teksvers: Genesis 21: 22: 16-8
HK: Sondag 37

In Genesis 21 en 22 sien ons Abraham in die middelpunt van moeilike omstandighede. Eers die kwessie van Ismael wat vir Isak spot en Sara wat Hagar laat wegjaag. Dan die twis oor ‘n waterput tussen die veewagters van koning Abimeleg en Abraham. Meer nog die beproewing van God wat Abraham stuur om Isak op Moria te offer. 

Telkens sien ons hoe daar ‘n belofte gemaak word, ‘n eed word afgelê, daar word gesweer. Ons staan vanaand stil by die tema: terme en voorwaardes geld

Jou woord is jou eed

Skriflesing: Matt 5:33-37; 23:16-22
Teksvers: Matteus 5:37
HK Sondag 37

In die derde gebod is dit baie duidelik waar dit gaan om die Naam van God dat ons in geen opsig dit ligtelik moet opneem nie. Want aan die Naam van God word sy eer gekoppel en is heilig omdat dit sy wese voorstel. Daarin is die miskenning van God se Naam en die misbruik ‘n belangrike saak wat ons nie mag ignoreer nie. God wil dat ons sy Naam nie misbruik nie maar wel dat ons Hom reg aanroep!

Wat het eedswering dan met die Naam en die regte gebruik van die Naam van die HERE te doen? Om te sweer of ‘n eed af te lê beteken om ‘n verbond aan te gaan of dan ‘n kontrak, ‘n belofte. Met hierdie verbond stel jy as persoon die waarheid bo alle dinge. Omdat geen mens in jou hart kan sien of dit wat jy sê die waarheid is of nie, word daar gewoonlik dan op God beroep om as getuie te dien.

Ons staan vanaand stil by die bergrede waarin ons Here Jesus ons leer dat ons woord ons eed is.

Laai af

God se Naam is heilig en moet altyd met eerbied gebruik word

Skriflesing: Kol 3:1-17
Teksvers: Kol 3:17; Fil 2:9-11; Lev 24:15,16; Lev 5:1; Deut 6:13; Jak 5:12
HK Sondag 36+37

In die hedendaagse tyd word daar min betekenis aan Name gegee. Baie mense kies vir hulle kinders net ’n mooi naam of ’n naam waarvan hulle hou. Maar in die antieke wêreld was ’n naam van die allergrootste belang. God het selfs in die Bybelse tyd mense se name verander weens ’n belangrike gebeurtenis of vanweë ’n nuwe roeping of verhouding waarin hulle gestaan het. As Christene dra ons die naam van Jesus Christus. Die naam Christen kom drie keer voor in die Bybel, Hand 11:26; Hand 26:28; 1 Petr 4:16. Jesus Christus se Naam is verhewe bo elke Naam. Fil 2:9-11.

Hebreeuse name waarmee God Homself aan ons openbaar.

El of Elohim – Skepper en Onderhouer God – Gen 1

Jehova Elohim – die HERE God – Gen 2

El Schaddai – die Almagtige God – Gen 17:1

Edonai – God die Sterke. – Jes 1:24

Jehova – Ek is wat Ek is. – Ex 3:14

Jehova Sebaoth – Here van die leërskare. – 1 Sam 4:4

Laai af