Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Etiket: Sondag 3

Christus is nie ons Idol nie 

Skriflesing: Gen 5:1-5; 6:1-8; Openb 13:11-18
Teksvers: Gen 6:5-6
HK Sondag 3
Die mens wat God geskep het na sy Beeld en gelykenis is so boos en sleg dat dit God berou dat Hy die mens gemaak het. Daar was smart in God se hart. So boos en sleg het die mens geword, dat God geen
ander uitweg sien as om die aarde met al die mense daarop volkome te vernietig nie. Dieselfde mens wat so goed en reg gemaak is, het heeltemal ontaard. Hoe sal ons tog God se oordeel kan ontvlug?
Die enigste uitweg is as God ons weer ‘n nuwe mens-heid maak.

Wedergeboorte verseker die ewige lewe

Skriflesing: Tit 3:1-11
Teksvers: Tit 3:5
HK Sondag 3

Het u al die volgende verskonings gehoor? 

  • Ons het onsself nie gemaak nie. 
  • Ek het nie gekies om gebore te word nie. 

Maar volgens die Skrif is ons geskape… 

  • As beelddraer van God. 
  • Heerser oor die aarde. 

Dordtse leerreëls hfs 3,4 par 12 

Dit is die Wedergeboorte, die nuwe skepping, die opwekking uit die dood en die lewendmakend, waarvan die Skrif so heer-lik spreek, wat God sonder ons in ons werk.” 

Wat het die wedergeboorte dan nou ten doel? 

God kan doen wat jyself nie kan nie

Skriflesing: Joh 3:1-10; Joh 7:45-52; Joh 19:38-42 (Nikodemus); II Kor 3:18
Teksvers: Joh 3: 3
HK: Sondag 3

Niemand is so blind as die een wat nie kan sien nie! Ag, ek bedoel, as die een wat nie wil sien nie. Die blindheid van die sondaar is so ernstig dat net ʼn wonderwerk hom kan help. In sonde ontvang en gebore – geestelik blind gebore – so is die sondaarmens sedert die sondeval.

Die klem moet op ons onvermoë gelê word: Ons kan nie! Wel, ons kan nie, tensy ons weergebore word. En dit is presies die bedoeling van Jesus se boodskap aan Nikodemus en die Jode. Voordat jy waarlik getroos in Christus kan lewe, móét elke mens eers sy eie onmag ken en bely, en dan sal ook die evangelie ’n soete bevryding wees wat jou dank vir die Here se genade wakker maak.

Laai af

Erfsonde en die gevolge vir die mens

Skriflesing: Romeine 5
Teksvers: Rom 5:12-14
DL: Hoof 3 en 4: Punt 1-3
HK: Sondag 2-4

Die Dortse Leerreëls (DL), hoofstuk 3 en 4 handel hoofsaaklik oor drie aspekte, nl:

  • Die verdorwenheid van die mens,
  • Die bekering tot God en
  • Die wyse waarop die bekering tot God plaasvind.

In die prediking sal daar vanuit Romeine 5 na die erfsonde en die gevolge vir die mens gekyk word. Die reformatoriese kerke wat die erfsonde bely, staan teenoor mense wat:

  • Glo dat die mens van nature goed gebore is
  • en teenoor mense wat dink dat die bose wat in die mens se hart is, bloot aangeleerde slegte gedrag is.

Voordat ‘n gelowige kan smag na verlossing, is dit nodig om eers te weet hoe gebroke die mens sonder Jesus Christus is.

Laai af