Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Etiket: Sondag 25

Waar kom jou geloof vandaan?

Skriflesing: Handelinge 8:26-40
Teksvers: Handelinge 8:35-37
HK Sondag 25

Deur geloof alleen word ons gered. Dit is een van die solismes van die reformasie, Sola Fide. Die vraag is egter waar kom geloof vandaan? Wat veroorsaak dat mense glo? In hierdie merkwaardige verhaal van Filippus wat gelei word deur die Heilige Gees, sien ons die wyse waarop God Homself aan mense in besonder bekend maak deur sy Woord, en hoe die Heilige Gees deur die Woord werk.

Ons staan vervolgens stil by die gedagtes

  1. die Werkmeester,
  2. die Werkmiddel, en
  3. die Werkwyse

Die Heilige Gees, die Heilige Woord en die Heilige Sakramente!

Skriflesing:Jes 55
Teksvers: Jes 55:1,2,10,11
HK: Sondag 25

Elke kind van God, sal in sy lewe, besef dat hy/sy dors is. Maar hierdie dors is meer as net ‘n natuurlike dors na water, hierdie is ‘n dors na werklike vertroosting. Dit is die dors na iets wat meer blywend is as net die tydelike verligting van die fisiese dors. Daarom hierdie baie bekende oproep in ons teksverse dat almal wat dors is na God toe moet gaan om hulle dors te les.

Ons gaan na drie sake kyk:

  • Die Heilige Gees BEWERK die geloof deur die Woord.
  • Die Heilige Gees VERSTERK die geloof deur die Sakramente.
  • Die Heilige Gees SKENK die geloof deur die Wedergeboorte.

Laai af

Redding is enkel en alleen ‘n genadedaad van die Here

Skriflesing: Romeine 1 en 8
Teksvers: Rom 1:20-22; 8:3
DL: Hoof 3 & 4. Punt 4 – 6
HK: Son 7 (21) en 25 (65)

Oor die eeue heen was daar al baie dinge gesê oor die positiewe en of negatiewe beskouings ten opsigte van die mens. Sommige mense is oor optimisties oor die mens en ander word weer aangekla dat hulle hiper negatief is oor die wese van die mens. Wat is jou mening oor die mens vandag? Is die mens op sy eie tot iets goeds in staat? Daar is ‘n algemene siening in die wêreld dat die meeste mense darem weet wat goed en sleg, reg of verkeerd is. Dit word die sg “lig van die natuur genoem”.

Om die vraag na die goeie en of slegte aard en wese van die mens te bespreek, laat die opstellers van die Dortse Leerreëls, hoofstuk 3 & 4, punt 4 tot 6 die lig van die Here skyn oor drie sake:

  • ‘n Mens kan nie gered word deur die sg “lig van die natuur” nie.
  • ‘n Mens kan nie gered word deur die onderhouding van die wet nie.
  • ‘n Mens kan slegs gered word op grond van die genade van die Here wat deur die Heilige Gees en die Woord van God, ons harte oopmaak vir die Blye Boodskap van redding en genade.

Laai af