Skriflesing: Matteus 20:1-16 (2020)
Teksvers: Matteus 20:15
HK Son 24

Elke boontjie kry sy loontjie. Of ten minste so wil ons dit graag hê. Dat elke mens hulle verdiende loon sal ontvang. 

Vir die wat goed doen, behoort daar ‘n goeie loon te wees en vir die wat kwaad doen, behoort daar ook ‘n verdiende loon te wees. Waar dit hier gaan om ons geloof en die werk van die Heilige Gees, is die vraag of ons nie deur goeie werke ook onsself kan regverdig voor God nie? Kan ons nie tog iets doen om op te maak vir ons sonde nie? 

Ons staan vanaand stil by die gelykenis van die loon met die oog op die Nagmaal.