Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Etiket: Sondag 22

Vars soos die dagbreek, mooi soos die maan en rein soos die son

Skriflesing: Hooglied 6:1-13 (2020)
Teksvers: Hooglied 6:10
HK Son 22

Soms kan ons as gelowiges so bedroef word oor die verval van die wêreld en die vernietiging van God se skepping. Ons kan so mismoedig wees oor ons toekoms en lewensvooruitsig. 

Soos die Efesiërs kan ons maklik verval om ons eerste liefde te verlaat. Ons vergeet ons belydenis-liefde, daardie tyd toe jy so opgewonde was oor jou geloof dat jy die wêreld wou verander. 

Wat beteken dit vir jou om die ewige hemelse erfenis van God te ontvang? 

Die liggaamlike opstanding uit die dood

Skriflesing: 1 Tess 4:13—18 (1983)
Teksvers: 1 Tess 4: 18,14
HK Son 22

Die dood is en bly vir ons op aarde ‘n finaliteit van afskeid. Dit bly vir ons ‘n hartseer tyd van treur en verlang. As ‘n geliefde sterf is sy plek leeg. Nogtans het ons as Christene ‘n vaste en lewende hoop. Ons treur nie soos hulle wat geen hoop het nie. Ons het ‘n vaste hoop van waarheen ons gaan. Die Skrif is ook duidelik dat ons eindbestemming, is vir ewig. 

• Die ewige lewe is ‘n groot troos vir Christene. 
• Die liggaamlike dood is net ‘n tydelike slaap. 
• Die liggaam en siel sal permanent herenig, met die wederkoms. 

“Confession brings possessions”

Skriflesing: Handelinge 8:1-25
Teksvers: Handelinge 8:9-12
HK Sondag 22 en 23

Meer as ooit te vore is die “kerk” verdeeld oor wat die waarheid is. Elke profeet of pastoor stig ‘n gemeente na eie goeddunke en voorkeur. Hierdie sg. kwasi-kerk verkondig ‘n vreemde evangelie en ‘n vreemde beloning van dit wat die Skrif ons leer. Weelde en voorspoed, wêreld se roem en rykdom is eerder die oogmerk as die koninkryk van God se verbreiding. 

In die lig van ons belydenis oor die weldade wat ons deur Christus ontvang, sowel as die vrug van die werk van die Heilige Gees, kyk ons vanaand na Handelinge 8 en die sonde van Simonie en voorspoedsteologie. 

Die water en bloed getuig

Skriflesing: Genesis 2:4-7, 15-25; Johannes 19:28-37
Teksvers: 1 Johannes 5:5-8
HK Sondag 22

Die Here het nie stofspoke gemaak nie, maar regte egte mense. Mense wat bestaan uit vel en been, soveel so dat Adam uitroep: hier is een soos ek, vlees van my vlees en been van my gebeente… Mense deur wie daar bloed in hulle are vloei. In daardie bloed is lewe. Die siel is in die bloed. 

So onlosmaaklik is die bestaan van die mens as lewende wese, liggaam, siel en gees. Daarvoor moes Christus betaal, met ‘n regte egte menslike liggaam, daarvoor moes Hy die Gees gee. Dit is die getuienis van die water en die bloed. Amen