Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Etiket: Sondag 1

Jesus bid dat ons geloof nie sal ophou nie 

Skriflesing: Lukas 22:24-34
Teksvers: Lukas 22:32
HK: Sondag 1 en 7

Geloof in God maak ons opgewonde. Daar is min dinge wat ‘n mens so hart so vrolik maak as wanneer jy weet dat God jou liefhet en deur sy genade as sy Eie kind aanneem. Maar om te glo is nie altyd so maklik nie. Somtyds is daar bykans onmoontlike omstandighede wat lyk of dit ons lewens gaan ruïneer.

So gebeur dit ook net voor die kruisiging dat Jesus die dissipels waarsku dat hulle geloof tot die uiterste getoets gaan word. Al sal ons soos Petrus Hom drie maal verloën, bid Jesus dat ons geloof nie sal ophou nie.

Hoe dankbaar? 

Skriflesing: Romeine 12 
Teksvers: Romeine 12:1-2 
HK Sondag 1 vr 2 

Ons leer by die kategismus-leraar dat ons troos nodig het. Sy tweede vraag veronderstel dat ons sekere kennis nodig het wat ons sal troos. 

Kennis wat swaarder weeg as die probleem van die gemors waarin ons weens die sonde beland het. Gewoonlik sal ‘n goeie gereformeerde dit opsom as kennis van sonde-verlossing-dankbaarheid… 

Miskien is daar meer in die belydenis as net die drie woorde of dinge. Paulus skryf selfs dat ons ‘n metamorfose moet ondergaan! 

In Christus is die ewige lewe ons troosprys 

Skriflesing: Genesis 37:1-4, 17-36 en 45:1-9, 24-28
Teksvers: Genesis 37:34-35
HK Sondag 1

Waarom laat God toe dat slegte dinge gebeur met goeie mense? Dit is sekerlik een van die moeilikste vrae om te kan beantwoord.

Waarom doen God niks as gelowige mense onreg verduur nie? Waar is God in ons swaarkry? Dalk het jy ook so ‘n vraag… Dalk is daar by jou ook die teleurstelling en hartseer van traumatiese gebeurtenisse en vrae wat onbeantwoord bly.

Ons kyk vanaand na Sondag 1 van ons belydenis oor die troos prys in Christus.

Ware godsdiens is om jou hart te offer

Skriflesing: Matteus 15:1-20
Teksvers: Matteus 15:8

Die Gees van God werk in ons dat ons vrug kan dra. Maar ‘n boom kan nie vrug dra as dit in slegte grond staan of sonder water is nie. In hierdie gedeelte spreek ons Here Jesus die Fariseërs aan oor die wese van hulle geloof. Die oortuiging van hulle hart. 

Ons staan vanaand stil by Sondag 1 oor ons enigste troos. 

‘n Lewe in totale Kontras!

Nagmaal


Skriflesing: Efes 5:1-20
Teksvers: Efesiërs 5:8
HK:Sondag 1 vr 2

Die Kategismus word ingedeel in drie dele – nogal volgens die antwoord op vraag 2. In kort: Ellende – verlossing – dankbaarheid. Ons teks het ‘n soortgelyke indeling. Was, is en word/wees. Verlede, hede, toekoms. En alles in die konteks van hierdie driedeling het te make met die kontras tussen lig en duisternis.

Nou vra ons voor én by én na die Nagmaalviering die vraag, of jy en ek dieselfde mens gaan wees, gaan bly, wat ons was voor die nagmaal…? Of gaan ons die verandering sien en soek en probeer leef? Ons kan tog nie dieselfde mens bly na so ‘n wonderlike evangeliese belewenis soos die Nagmaal van ons Here Jesus nie!

Laai af

My volkome troos!

Skriflesing: Mat 10:26-31
Teksvers: Mat 10:29-31
HK: Sondag 1 Vr. en antw. 1

Om fisies seer te kry, om ’n terminale siekte te hê, om ouer te word, om swaar te kry is nooit vir enigiemand lekker nie. Inteendeel, dit is nie net soms seer nie, maar dit is ook trau-maties. Daarom is daar traumabehandeling, deur pastorale sielkundiges en psigiaters. Maar ons as Christene het dié grootste troos. Ons het nie net God wat daar ver is wat ons vertroos en aan ons die beste traumatiese behandeling gee nie, maar Hy het ook alles wat ons nodig het laat opskryf sodat ons dit kan lees en daardeur vertroos kan word. God is intiem nou by ons betrokke deur sy Woord en Gees. Ons gaan na drie sake kyk.

  • Ons behoort aan Jesus Christus.
  • Ons word bewaar deur die Vader.
  • Ons word verseker van die ewige lewe deur die Heilige Gees.

Laai af