Skriflesing: Romeine 8, Open 21 en 1 Kor. 2:9
Teksverse: Rom. 8:18
Etiket: Heilsorde (Page 1 of 2)
Skriflesing: Matteus 20:1-16 (1983)
Teksvers: Matteus 20:14,15
“If the world could be saved by good bookkeeping, it would be saved by Moses, not by Jesus” (Philip Yansey, 1997).
As God moes boekhou van ons sonde om ons daarvolgens te beloon, sou ons die oordeelsdag moes vrees. Nou vrees (eer) ons God in blymoedige dankbaarheid omdat Hy, wat syfers en wiskunde ontwerp en in die natuur se wetmatighede ingeskape het, NIE SELF ‘n slaaf daarvan is nie! Dit is immers nie die rykes wat eerste in die koninkryk ingaan nie, en nie die sterkstes wat die oorwinning behaal nie.
Alles net genade onbeskryflik groot!
Skriflesing: Levitikus 19:1-18 (2020)
Teksvers: Levitikus 19:2
Wees heilig! Hierdie opdrag word reeds aan die volk Israel gegee by die berg Sinai in die woestyn waar die HERE self vir Hom hierdie volk afsonder. Hierdie volk moenie soos die ander volke wees nie.
Die HERE is nie soos ander gode nie, en daarom mag sy volk ook nie soos ander volke wees nie. Omdat die HERE heilig is, daarom moet elkeen wat aan Hom behoort ook heilig wees.
Ons staan vanaand stil in die heilsorde by die wyse waarop ons self afgesonder word tot heil.
Skriflesing: Jona 3:10-4:11; Romeine 3:1-31 (2020)
Teksvers: Jona 4:1-3; Romeine 3: 23-24
Ons het gesien die werk van God in ons verlossing is nie net uitsonderlik nie, maar ook uiters noodsaaklik. Hy is die Een wat ons roep, wat deur die Heilige Gees die geloof in ons wek tot ‘n nuwe lewe deur wedergeboorte. Daarby moet ons deur geloof vasgryp aan God se genade en ons hartgrondig bekeer. Deur geloof, word ons vrygespreek.
Ons kyk vanaand na die betekenis van vryspraak, of regverdiging van die sonde in die lewe van Jona en die groot stad Nineve en die wyse waarop ons deel kry aan die geregtigheid van God.
Skriflesing: Lukas 19 (1983)
Teksvers: Lukas 19:5,10
Daar was jare gelede ‘n program ‘The Biggest Loser’ op TV waar die persoon wat die meeste gewig verloor het, na afloop van ‘n paar weke onder strawwe oefeninge, as die wenner aangewys word. Die grootste verloorder is die wenner!!
Dit laat my nogal aan die proses van bekering dink. Om die ewige lewe te beërwe moet mens eintlik jouself verloor! Kyk hoe wen Saggeus deur alles te verloor.
Ons onderskei vanaand dan ook tussen die aanvanklike bekering en die daaglikse bekering.
(Last updated on Augustus 5th, 2024)
Skriflesing: Johannes 3:1-10; Rom 3:10-12; Joh 7:45-52; Joh 19:38-42 (Nikodemus) (1983)
Teksvers: Johannes 3:3
Miskien moet u weer dink oor die teks en dan eerlik vra of dit ‘n opdrag (imperatief), maw dat dit iets is wat jy moet doen…
of
…is dit net ‘n absolute waarheid waardeur jy moet kennis neem dat jy eintlik BAIE diep verlore is/was as daar geen die bo-natuurlike ingrype van God in jou lewe sou wees nie!!
Jesus onderstreep in hierdie antwoord aan Nikodemus ons ONMAG as sondaars en daarteenoor Sy ALMAGTIGE vermoë om sondaars uit hul ellende te red.
(Kyk elders in ons nuusbrief vir meer inligting oor die Heilsorde)