Kategorie: Uncategorized (Page 100 of 101)
Skriflesing: Luk 23:26-49
Teksvers: Gen 1:27,31; 2:8; 3:23,24; Luk 23:40-43; Open 2:7
Kan ons onsself ooit indink hoe moes dit moes gewees het om gekruisig te word? Hoe sou ons reageer as ons saam met Jesus Christus gekruisig moes word? Wat sou ons reaksie wees? Hoe sou dit moontlik wees om daar te hoor dat ons, jy gaan hel toe en jy gaan hemel toe? Ons gaan na drie sake kyk:
1. Die hoë posisie van die mens voor God in die aardse Paradys.
2. Die gevalle posisie van die mens voor God sonder die paradys.
3. Die herstelde posisie van die mens voor God in die Hemelse Paradys.
Skriflesing: Luk 14:25-35 (1953-vertaling)
Teksvers: Luk 14:26,27
- Dissipelskap is nie opsioneel nie. Wanneer Jesus oor dissipelskap praat, draai Hy om en praat met die groot menigte. Dit beteken dat nie net sekere gelowiges nie, maar dat elke gelowige oral en altyd ’n dissipel van Jesus moet wees.
- Dissipelskap verander jou agenda. Jesus moet die voorkeur in ons lewe kry. Gelowiges leef nie vir hulle eie agenda nie, maar vir God se agenda.
- Dissipelskap is ’n verbintenis. Elke gelowige moet weet dat dit opofferings vra om Jesus te volg. Dissipelskap vra dat gelowiges die somme maak om Hom te volg, en die verbintenis maak om dit te doen.
- Dissipelskap maak ’n verskil in die wêreld. Om ’n verskil te maak in die wêreld moet gelowiges nie soos sout wees wat gemeng is met onsuiwerhede nie. Ons moet nie gemeng wees met ons eie idees of ’n wêreldse agenda nie