Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Preke (Page 93 of 192)

Wie groot wil wees moet klein word

Skriflesing: Matteus 20:17-28
Teksvers: Matteus 20:18-19, 28

Jesus kondig vir ‘n derde keer aan dat Hy gaan ly en gemartel word en eindelik gaan sterf. Reeds by die eerste aankondiging het Petrus die Here opsy geneem en bestraf dat Hy nie moet sterf nie. Daar is duidelik ‘n valse idee van die ware betekenis van die Koninkryk van God. Ook hier word dit duidelik as die moeder van die seuns van Sebedeus na Jesus kom en vra dat hulle ereplekke moet kry in die Koninkryk.
Christus wys ons egter die teendeel, dat ons klein moet word om groot te wees. Ons staan vanmore stil by die aanloop tot Paasfees en die verwagting van die dissipels.

In Christus moet ons ongesuurde brood wees van reinheid en waarheid

Skriflesing: Eks 12:15-20; Num 9:1-5; 11-12; Jos 5:10-12
Teksvers: Eksodus 12:15-17

Binnekort is dit Paasfees. Die groot fees van die offerlam wat geslag is. Saam met die Paasfees is daar egter nog ‘n fees, ‘n half onbekende fees. Die fees van die ongesuurde brode. Hierdie fees moet vir sewe dae lank gevier word, van die 14de tot die 21ste van die maand.

Ons kyk vanaand na die betekenis van die ongesuurde brode en hoe dit op ons self betrekking het.

Hoe vergewe ‘n mens?

Skriflesing: Kol 2:13-15; Kol 3:12-17
Teksvers: Kol 2:13; Kol 3:13

Hoeveel keer het ons al die volgende gehoor… Ek kan en sal daardie persoon nooit vergewe nie. Dit is vir my onmoontlik om te vergewe en te vergeet, nooit nie. 

Om te vergewe is nie in ons aard nie, ons wil eerder wraak neem omdat ons onsself, ons naam, ons besittings wil beskerm. Maar nou leer die Skrif ons baie duidelik: Kol 3:13 “Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe.” 

“Om te kán vergewe is nie iets wat ’n mens uit hom- of haarself kan regkry nie – Nee, dit is ’n gawe van God… Hy gee dit vir dié wat Hom daarvoor vra!” 

Ons gaan na drie sake kyk: 

  • Bid vir die gawe om te vergewe. 
  • Vergewe mekaar dan. 
  • Na vergifnis volg vrede. 
« Older posts Newer posts »