Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Preke (Page 161 of 192)

Jesaja sien die Here, – die Nood, – die Uitkoms

Skriflesing: Jes 6:1-13
Teksvers: Jes 6:13

Jesaja se roeping was sigbaar en hoorbaar en voelbaar en so intens dat hy gedink het dit is klaar met hom. Hy het gedink hy gaan doodgaan.

Hoe intens beleef ons ons roeping?

Maar hierdie roeping het daartoe gelei dat hy gesien het dat daar baie nood onder die volk was. Nood dat hulle God se roeping en nabyheid nie beleef het nie, nie gesien het nie. Maar God se onmeetlike groot genade is altyd daar. Daarom sal daar ’n uitkoms wees.

Laai af

Vals profete! Ware profete! Gehoorsame profete!

Skriflesing: 1 Joh 4:1-6
Teksvers: 1 Joh 4:4-6

Wie is Vals profete? Wie is Ware profete? Wie is Gehoorsame profete? Dit raak vandag al hoe moeiliker om die onderskeiding te maak.

Ons lees ook in die Skrif dat Satan hom voordoen as ’n engel van die lig. Daar is so baie kerke vandag, kerkgroepe. Wie het die Gees van die waarheid en wie het die gees van dwaalleer?

Ons gaan daarom juis vandag kyk na die drie sake uit ons Skrifgedeelte:

  • Vals profete.
  • Ware profete.
  • Gehoorsame profete.

Laai af

Dwaas by die wêreld, is wys by God!

Skriflesing: I Kor 1:18-31
Teksvers: I Kor 1:18-21
DL: Afsluiting

As daar iets sou wees soos ‘n “heilige sarkasme” sou dit in hierdie teks staan: “…het dit God behaag om deur die dwaasheid van die prediking dié te red wat glo” (1:21). Die dwaasheid hier bedoel is nie onskuldige onnoselheid nie. Die Griekse “moria” beteken immers om moedswillig nie jou verstand te gebruik of reg te gebruik nie.

‘n Moros of moron/moroon is dus ‘n dwaas.

“Moria” staan direk teenoor die “sofia” (wysheid/etiek) van die Grieke. Tiperend van die heidense ‘sofia’ is die vertikale lyn van onder na bo – die mens moet opklim na die hoëre wêreld van die goeie. Die evange-lie is daarom dwaasheid (moria) vir die Grieke… want die boodskap van Christus is een van Bo na onder!!

God gryp van bo in met herskepping en wedergeboorte, alleen op grond van sy ewige uitverkiesende liefde en genade.

Die ‘woord van die kruis’ nl. God se werk in die dood en opstanding van Christus, is dus dwaasheid vir die Grieke (heidene), maar dit is ware ‘sofias’ (ware wysheid) by God! Die ‘moron’ sal dit egter altyd betwyfel, bevraagteken en bestry.

En ek en jy? Vir ons is dit verlossing van bo… dít is ware wysheid van God, tot ryke troos en krag vir elke dag!!

(Weens tegniese probleme wat tans ondervind word is die opname nie volledig nie)

Laai af

Ons was Vyande, ons is Verander, ons staan Vas vorentoe

Skriflesing: Kol 1:14-23
Teksvers: Kol 1:21-23

Jy het verander. Dit hoor mens gewoonlik na ‘n lang tyd van geleidelike verandering, wanneer iemand skielik besef dat jy nie meer dieselfde persoon is nie. Nadat jy ander gewoontes en ander maniere aangeleer het, dan eers verander jou status in iemand se oë.

Met die Here werk dit anders. Jy word nie verander deur iets wat jy doen nie, maar jy word deur Jesus verander na iets heeltemal anders toe. Dan sit ons wel in die ongemaklike plek dat ons gewoontes moet opvang by dit wat ons werklik is.

Daarom ervaar ons wrywing in ons geloofslewe, omdat Jesus ons verander het vanaf ‘n vyand na ‘n heilige toe.

(Weens tegniese probleme is die opname dalk nie volledig nie)

Laai af

Goeie werke: Sodat… of … Omdat?

Skriflesing: Titus 3
Teksvers: Titus 3:4,5 (8b)

In Luther se groot-word-jare het die Roomse Kerk, destyds die enigste kerk, doodgewoon met vrees regeer. As jy sonde sou doen was dit sonde teen die kerk. Om dit reg te maak het die kerklike amptenary dan ernstige strawwe opgelê. Dinge wat jy moes doen om alles weer goed te maak. Goeie werke. Goeie dade. Solank jy net nie in onguns by die kerk sou kom nie! Dus was dit ‘n tyd dat dominees/priesters en biskoppe en pouse gevrees is, en daarom is God ook met ‘n onheilige vrees bejeën.

Vandat Luther egter monnik geword het en in die sombere klooster van Erfurt studeer het, het hy begin twyfel of God so ongenadig en kil en hard kan wees. En dan vind hy hierdie liefdevolle God van ons teks. Hy vind dit wel eers in Romeine 1:17, maar as jy mooi lees staan dit in byna elke geskrif van die apostel Paulus.

Die vraag vandag is: Doen jy goeie werke sodat…., of omdat?

Laai af

« Older posts Newer posts »