Skriflesing: HK Sondag 10, Psalm 104:1-35 (Afr. 53)
Kategorie: Preke (Page 162 of 192)
Ps. 8
1. God se glorie in Sy skepping.
2. God se glorie in die mens.
3. God se glorie in sy Seun.
Skriflesing: Matteus 12 en Markus 3; Lukas 6
Teksverse: Lukas 6:6-11
Het jy al nagedink oor die verandering, vernuwing en geloofsgroei in jou eie lewe? Verandering kom nie sommer nie. Dit is maar net as die Heilige Gees jou oortuig dat daar vernuwing by jou kan plaasvind. Die Fariseërs het aan ‘n manier van versoening, tussen hulle en God, deur wetsonderhouding vasgehou. Hulle wou eerder hulle eie siening en verdienste as weg tot saligheid navolg as om die genade in en deur Jesus Christus hulle eie te maak. Daarom dan vandag die vraag ook aan jou: Bring die besef van jou eie verdorwenheid jou by Jesus Chrisuts uit of is jy verhard in jou eie selfgekose manier van lewe? Verdorde hand of verdorde hart?
Skriflesing: Johannes 6
Teksvers: Johannes 6:14,15
As Jesus in sy bediening van drie jaar op aarde wonderwerke doen, is dit nie om ons te leer dat ons elkeen geregtig is op ‘n paar wonderwerke nie. Pasop vir die leraars wat uitroep: “Name it and claim it”.
Waarskynlik is dit die soort Jesus wat meeste mense vandag wil hê. Ek sou nogal dink dat dit ‘n yslike belediging vir Jesus Christus self moet wees. Hy is immers God Almagtig. Hy kan baie meer as dit doen. Miskien het ons ook ‘n skewe beeld van wie die Jesus Christus van die Skrif nou eintlik is. Miskien het ons baie verwronge idees oor die nagmaal en die kerk wat aan Hom behoort.
Laat ons versigtig wees om Hom nie nog weer te verneder nie!
Skriflesing: Eksodus 12; 1 Korintiërs 5:6 – 8
Teksvers: Eksodus 12:20
Dit is opvallend dat die Here weer en weer beklemtoon dat die Israeliete by die instelling van die Pasga en by die fees van ongesuurde brood wat net na die Pasga gevier is, nie gesuurde brood mag eet nie.
Wat sou die rede wees?
Vandag kan ons met groot dankbaarheid terug kyk na die elemente van die Pasga wat na die lyde en sterwe van Jesus Christus heen gewys het. Nou kan ons met groot verwondering deel in die nuwe betekenis van brood en wyn by die gebruik van die nagmaal.
Skriflesing: Titus 3
Teksvers: Titus 3:4-7
DL: Hoofstuk 5. Artikel 1-3
God se goedheid het aan die mens sigbaar geword deur die menswording van ons Verlosser, Jesus Christus. God se goedheid het verder sigbaar geword deur sy besondere liefde vir die mens. Ons is nie verlos deur iets wat ons vir ons vryspraak gedoen het nie, maar ons is alleen verlos op grond van God eie ontferming in Christus Jesus.
Die wedergeboorte wat Christus deur die Heilige Gees en die Woord bewerkstellig, het aan ons ‘n nuwe lewe gee. Die wedergeboorte maak dit sigbaar dat God die Heilige Gees oorvloedig op ons uitgestort het deur Jesus Christus ons Verlosser. Die wedergeboorte bring mee dat ons bely dat ons uit genade vrygespreek is en so erfgename geword het van die ewige lewe.