Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Sagaria

Die HERE is ‘n Muur van Vuur Rondom Sy Oogappel

Skriflesing: Sagaria 2:1-13 (2020)
Teksvers: Sagaria 2:5,10

Hou jy van jou buurman? Sommige mense het sonde met die bure, soos Langenhoven skryf. Hoewel dit tong in die kies bedoel word, is daar tog gevalle waar ongewenste bure langs jou woon. As daar ‘n Mafia baas intrek, en sy dwelms en geweld vanuit die buitekamer bedryf, of dalk iemand wat vreeslik raas. Maar in ander gevalle wil jy nie te naby aan mense bly nie, soos jou baas. Ons wil nie altyd ons privaatheid so intens deel dat mense alles van ons lewe sien. 

Dan besef ons die geweldigheid om die HERE, nie net as buurman te hê nie, maar dat Hy self die muur van vuur rondom sy oogappel is en die heerlikheid daarbinne! 

Deur die Gees van die HERE voed Hy die kandelaar

Skriflesing: Sagaria 4:1-14; Openbaring 11:1-19
Teksvers: Sagaria 4:4

Sagaria se vyfde gesig is ‘n baie besondere toneel van ‘n kandelaar met ‘n oliekan en sewe pype na elkeen van die kelke om olie te voorsien. Daar staan ook ‘n olyfboom aan elke kant van die kandelaar met pype wat van die bome afloop na die oliekan om dit te voorsien van olie!

Die kandelaar, of menora, is die lampstaander wat in die Heilige staan van die tabernakel en later van die tempel, wat die priesters elke oggend voorberei en in die aandoffer met olie vul en aansteek om deur die nag te brand. Dit is ‘n simbool van God se teenwoordigheid onder sy volk. ‘n Simbool van lig in die donker!

Maar Sagaria is eerlik genoeg om te erken dat hy nie alles verstaan van God se Woord nie. Daarop kom die verklaring van die engel. Waarby ons vanoggend gaan stilstaan met die oog op die bediening van die doop

Wondertekens van die HERE

Skriflesing: Sagaria 3:1-10
Teksvers: Sagaria 3:8

Sagaria, die profeet sien merkwaardige openbaringe van die HERE. In hierdie vierde naggesig, sien hy Josua die hoëpriester wat aangeklae word deur die duiwel. Die kerk staan skuldig en sondig voor die HERE. Hierna volg die uitspraak deur die HERE as Regter. Hy beoordeel en maak sy bevinding waarna Hy veroordeel en vryspreek. Dan volg die opdrag. Eers die opdrag aan Josua, wat hy moet doen en dan wat die HERE self gaan doen. Hy sal sy Kneg, die Spruit, laat kom. 

Wat is jou antwoord as jy vandag voor die HERE se regterstoel moet staan?