Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Ou Testament (Page 43 of 66)

Die HERE vind vreugde in opregtheid

Skriflesing: 1 Kronieke 29:1-25
Teksvers: 1 Kronieke 29:17, 22

“Ek weet, my God, dat U harte toets en vreugde vind in opregtheid” Hierdie woorde sny deur die hart van die mens. Ons wat so geneig is om voor te gee wat ons nie is nie. Ons wil tog so graag “oorspronklik” wees. Maar in ons strewe na opregtheid leef ons met valse harte. Ons dra maskers wat nie ten doel het om die kieme weg te hou nie. 

Ons staan vanoggend stil by die vreugde van die HERE in die opregtheid van die harte van sy kinders, as hulle Hom dien met al die skatte wat Hy self gee. Daarin sien ons ook die blydskap om te gee. Dit maak ‘n mens blyer om te gee, as om te ontvang. Amen 

Gebed is aanbidding

Skrifgedeelte: Ester 4:1-17
Teksverse: v.16
HK: Sondag 45

Die afgelope week is die VSA se kongres geopen met ‘n gebed aan die “monotheistiese god, brahma en god wat baie mense ken aan verskillende name en baie verskillende dinge” en afgesluit met die woorde: “Amen and a women”.

Om te bid is nie maar net om te bid nie! As ons bid is daar baie meer in as net om ‘n godsdienstige plig te pleeg. Om te bid is om te aanbid!

Ons staan vanaand stil by Sondag 45 van die HK met verwysing na gebed soos verhaal in Ester met die tema: Gebed is aanbidding

Amen

Laat die harte van die wat die Here soek, bly wees

Skrifgedeelte: Ps. 19:4; 1 Kronieke 16:1-36
Teksverse: v10

Dit is maklik om deur teleurstellings moed op te gee. Dawid het met groot opgewondenheid die verbondsark vanaf Kirjat Jearim na Jerusalem wou terugbring nadat die Filistyne dit gesteel het, maar toe sterf Ussa. Dawid was verpletter. Sy geloof was ten diepste beproef.

Drie maande later verander sy benadering en sy gesindheid, en deur die Skrifgetroue benadering van die priesters wat die ark dra, word die verbondsark in Jerusalem na ‘n nuwe tuiste gebring. Dan roep Dawid uit: Laat die harte van die wat die HERE soek, bly wees…

Ons staan vanoggend stil by dit wat gelowiges bly maak. Amen

« Older posts Newer posts »