Skriflesing: Miga 6 (2020)
Teksvers: Miga 6:6-8
In Miga is die Here in ‘n oordeelsgerig met Israel besig. Hulle het nie na die wil van die Here geleef nie. Die Here spreek hulle skerp aan oor hulle verhouding met die Hom. Die Israeliete het gedink dat hulle “dinge” en “goeters” vir die Here moet gee en dat hulle “dinge” moet doen om seker te maak dat die Here hulle nie sal straf nie.
In Miga 6:6-8 dui die Here egter aan dat Hy in die eerste plek nie belangstel in dit wat die Israeliete vir Hom kan gee of in dit wat hulle vir Hom kan doen nie. Hy is ons God wat in ‘n persoonlike verhouding met ons kom staan deur Jesus Christus. Ons het die Heilige Gees as gawe van die Here ontvang. Daarom kom Hy om jou hart te vra. Die Here is nie ‘n “saak” God nie, maar ‘n “Verhoudingsgod”. Wat vra die Here van jou sodat jy in ‘n persoonlike verhouding met Hom kan staan?