Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Jesaja (Page 6 of 6)

Die Here is ons fokus in die verlede, hede en toekoms

Skriflesing: Jesaja 51
Teksvers: Jesaja 51: 2,3

Die Here praat in hierdie gedeelte in besonder met die Israeliete wat
“na die wil van die Here vra”. Om hoop en vrede in die hede en die
toekoms te kan verwag, roep die Here die gelowige Israeliete om terug
te dink aan die handelinge van die Here in die verlede. So word hulle
aandag eerstens op Abraham gevestig. Dan roep Hy hulle op om aan
die Here te dink wat die skepping daar gestel het. Dan word hulle
aandag weer op die Here gevestig tydens die uittog uit Egipte.
Die wat op die Here gefokus is, kan die vrees en bewing vir die vyand
teëstaan deur die werk van die Heilige Gees. Redding gee die Here
alleen vir die wat op Hom fokus.
Mag jy in die veranderende wêreld weet dat die Here ons God is. Hy
sal ons in die skadu van sy Hand beskerm.

Laai af

Vergeet? Nooit!

Skriflesing: Psalm 22 en 77; Jesaja 49; Rom 8:18-25
Teksvers: Jesaja 49:14-16

Mens kry die idee dat God jou vergeet het veral as dinge in jou alledaagse lewe sleg gaan. As ek na ander worstelaars luister, soos byvoorbeeld Asaf in Psalms 73 en 77, dan is dit selfs nie so ‘n vreemde idee nie.
En tog kom Asaf by ‘n beter konklusie uit as sy aanvanklike idees. Emosie neem soms die rede so weg dat jy nie lekker gedink kry nie… en dan kom ons twyfelmoedige gees en vertel ons selfs dat ons dalk vergeet kan word. Ons voel so alleen. Is dit soos ons voel of moet ons dalk ons gevoelens onderwerp aan die woord en o-penbaring van God?

Laai af

Newer posts »