Skriflesing: Daniël 5 (2020)
Teksvers: Daniël 5:22
1. Bedreigings ontmasker ontrouheid
Koning Belsasar stel sy vertroue in die weerbaarheid van die stad Babel. Die kennis van die lewende God het hy verloor en hy word ontmasker.
2. Wie die Allerhoogste getrou vereer, lééf egter onder beskerming.
Beltsasar (Daniël) het nie sy kennis van die ware God agterweë gelaat nie. Hy vrees nie. Wie die Allerhoogste vereer, mag onder beskerming lééf.
3. Die getroues ontvang ook wanneer die Allerhoogste oordeel.
Op 12 Oktober 539 v.C. tel, weeg en verdeel die Allerhoogste. Belsasar sterf in God se oordeel. Wie egter hul vertroue in God stel, mag ook reken op beskerming wanneer God oordeel.