Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: 1 Konings (Page 1 of 2)

God se boodskap van volmaakte hoop, in ’n stukkende wêreld 

Skriflesing: 1 Kon 19; Jak 5:16b-18; Rom 11:2 (1983)
Teksvers: 1 Kon 19:18

Ons leef in ’n stukkende, gebroke wêreld. Om ons sien ons en hoor ons van korrupsie, moord, diefstal, oorloë, aardbewings ens. Die wêreld is stukkend. Dit raak ook ons gemoedere. Dikwels is ons moedeloos en selfs troosteloos. Daar is iets van ’n hopeloosheid. Elia het na Isebel se dreigemente gevlug en in die woestyn gaan wegkruip en dit nadat God op wonderbaarlike wyse Homself en sy Almag aan Elia en die volk openbaar het. Maar dan ontvang Elia God se boodskap van volmaakte hoop, in ’n stukkende wêreld. Ons gaan na drie sake kyk: 

• Die vyand se boodskap van gevaar. 

• Die engel se boodskap van genade. 

• God se boodskap van hoop. 

Wens na God se wil

Skriflesing: 1 Konings 3:1-15
Teksvers: 1 Konings 3:9-10

As die Here vandag vir jou een wens sou gee, waarvoor sou jy vra? Met hierdie wens kan jy vra net wat jy wil, maar jy kry net een wens. Die meeste van ons het lankal ons wenslysie gereed. Vir die meeste van ons lyk ons wenslysie en ons gebedslysie nie so heeltemal eenders nie. 

Ons kyk vanoggend na hierdie uitsonderlike en tegelyk merkwaardige gebeurtenis dat Salomo se grootste drome waar word en die invloed wat dit het op die geskiedenis wat volg. 

As die lewenspad vir ons te lank word, moet ons by die Here skuil

(Last updated on Augustus 17th, 2020)

Skriflesing: 1 Konings 19:1-19; Jakobus 5:17-18
Teksvers: 1 Konings 19:3-4

Soms kan die lewe net een te veel word… Soms voel dit asof ‘n mens net nie een tree verder kan gee nie. En dit is nie omdat jy nie weet wat God se beloftes is nie, dit is omdat jy net so moeg en uitgeput is dat jy nie verder kan nie, nie verder wil nie. Alles het net te veel geword…

Soms voel dit of ‘n mens net wil weghardloop van al die sorge en probleme van die lewe. Maar waarheen sal ‘n mens vlug? Elia het die woestyn in gevlug en daar onder ‘n bossie gaan lê en gewens om te sterf.

Maar niemand kan vir die HERE wegkruip nie. Dit is die tema waarby ons vanoggend wil stilstaan: as die lewenspad vir ons te lank word, moet ons by die Here skuil. Ons kyk na die lewe van die profeet Elia, ‘n mens net soos ons, daar onder die besembos ‘n dagreis ver die woestyn in…

Laai af

Wingerd of groentetuin?

Skriflesing: 1 Konings 21; Levitikus 25:23
Teksvers: 1 Koning 21:29

Daar bestaan onder ons as gelowiges maklik die gedagte dat as ‘n mens iets reg doen, slegte goed nie met jou gaan gebeur nie. Slegte dinge gaan nie gebeur, net omdat God aan ons kant is nie!

Hierdie idee word deur die verhaal van Nabot en Agab die nek in geslaan. Slegte goed gebeur ook met goeie mense. Eerstens omdat die Here al daar in die paradys die aarde aan sy vloek onderwerp het, en ook omdat God die bose magte toegelaat het om sy kinders te versoek en te beproef sodat ons daardeur kan groei.

Natuurlik is God by magte om dit van ons weg te keer, maar as Hy, soos in die geval van Job, die duiwel toelaat, dan bereik Hy altyd ‘n groter doel daarmee. So kan u en ek nader kom aan die Here en word ons geloof in sy wese geoefen tot groei in die heiligmaking.

Vra jouself vandag net die vraag: Met watter een van die partye in hierdie verhaal sou jy graag identifiseer?

Laai af

« Older posts