Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Romeine (Page 7 of 7)

God se kerk sal altyd triomferende kerk wees tot in die hemel

Skriflesing: 2 Kor 2:12-17; Rom 8:31-39
Teksvers: 2 Kor 2:14; Rom 8:37-39

Dit lyk of Paulus se lewe uitmekaarval. Hy werk hard om die evangelie uit te dra. Die deure is deur God wyd oopgemaak sodat Hy die evangelie kon bring, maar hy is bekommerd oor sy “geesteskind” Titus. Waar is Titus? Wat het van Titus geword? En hy vertrek om Titus te gaan soek in Masedonië.

In 2 Kor 7:5-7,13,14 lees ons het hy Titus gekry en hoe sy dankbaarheid oorgeloop het, God bewaar sy kerk. Al is ons hoe be- kommerd, God bewaar sy kerk en laat die evangelie ook soos ’n aangename geur versprei, ondanks swaarkry en lyding.

Ons gaan na drie sake kyk:

  • God open deure om die suiwer-evangelie te verkondig.
  • God gebruik geroepenes om die suiwer-evangelie te verkondig.
  • God gee die oorwinning deur die suiwer-evangelie te verkondig.

Laai af

Hart van vrede in oordeel en genade

Skriflesing: Romeine 9
Teksvers: Romeine 9:22-24

Glo jy dat die Here altyd regverdig is? Dat wat Hy ookal doen of besluit regverdig is? Die enigste verskil tussen ‘n gelowige en ongelo-wige is God se genade. Sy genade is sy genade. Niemand van ons verdien enige genade nie. Die wat gered word, kan maar net die Here dank vir sy genade. Dit is ‘n genade om God se vredeshart te kan hoor en tot inkeer te kan kom. Die wat verlore gaan, kan hulleself maar net blameer. God is nie daarop uit om mense te vernietig nie. Hy het nie ‘n vendetta teen die mens nie, maar bied vir die mense die lewe.

Die getroue Verbondsgod het sy wil van genade aan ons in sy Woord geopenbaar. Sy wil is dat mense in Christus tot inkeer en bekering sal kom. In Christus fokus Hy op die nadertrek van mense en nie op die wegstoot van mense nie.

Mag jy weet dat die Here met ‘n vredeshart met alle mense besig is. Hy bied sy genade aan. Geseënd is jy wat die roepstem van die Heilige Gees hoor en binne God se genade in Christus kan lewe. Die wat vir sy genade “nee” sê, sal ewig lewe sonder Christus. Daar is immers net ‘n lewe in Christus of ‘n lewe sonder Christus.

Laai af

Deur genade, sonder verdienste, vrygespreek, in Jesus Christus!

Skriflesing: Rom 3:21-31
Teksvers: Rom 3:24,25

God is alwetend en Hy ken elkeen van ons beter as wat jy jouself ken. God weet wat jy dink, wat jy doen, agter ’n toe-deur, in die donker, in die geheim, in die openbaar, orals. God weet selfs wat jy gaan sê nog voordat jy dit sê. God ken al jou sondes en jou gebreke en swakhede. Ons gaan na drie sake kyk:
1 Niemand is regverdig nie!
2 Regverdigheid/Vryspraak het in werking getree!
3 Almal wat glo word geregverdig? v23,24

Laai af

Broers en susters in/van die Here Jesus!

Skriflesing: Romeine 8:14-17
Teksvers: Romeine 8: 15,16

Hoekom sou ek vir jou omgee? Waarom sou ek vir enige iemand anders omgee? Ek het genoeg moeilikheid van my eie…
Miskien is dit so dat ons genoeg probleme het, maar die Here het ons in verhoudinge geskape sodat ons mekaar kan help en bystaan. Dan word groot probleme makliker opgelos.
God gee so baie vir ons om dat Hy ons grootste nood raakge-sien het en ons as sy kinders aangeneem het. En nou is ons, soos Jesus, kinders van die grote God. Hy gee ons aan me-kaar. Ons is nou broers en susters van Jesus en so ook van mekaar. Ewige familie!
Ons het mense wat vir ons omgee! En ons gee vir hulle om!

Laai af

Soli Deo Gloria! Aan God alleen, al die eer!

Skriflesing: Rom 11:1-36
Teksvers: Rom 11:33-36

Die herdenking van die Reformasie kom tot ’n einde. Vyf honderd jaar gelde het Maarten Luther sy 95 stellings teen die kerkdeur van Wittenberg vasgespyker. Die afgelope Dinsdag was dit 500 jaar gelede. Uit die hervorming het daar vyf Solas ontstaan.
Sola Scriptura, Sola Fide, Sola Gratia, Solus Christus en Soli Deo Gloria! Die laaste van die vyf Solas handel oor:
Alleen al die lof en die eer aan God!
1. Eer God vir sy verbond met ons! v27
2. Eer God vir sy genade aan ons! v29
3. Eer God omdat Hy God is. v33-36

Laai af

ALLES TEN GOEDE!?

Skriflesing: Rom 8:22‑30 en 31‑39
Teksvers: Rom 8:28
Ons leef in ‘n aksie/spanningsvolle tyd. Dinge is aan die gebeur. Mooi dinge en ook vreesaanjaende dinge: Ons hoor byna daagliks van oorloë en die verskrikkinge daarvan. Ook hier by ons is daar die bloedvergieting en
geweld en misdaad. Van besoedeling tot die pestilensies van ongeneeslike siektes, van kindermolestering tot gruwelike korrupsie, van misdaad tot openbare geweld, van valse profete tot ondermyning van alles wat Christelik is, van die selfsugtige eie ‑ ek wat net roem vir homself soek tot magspel van die politici en geldmagnate van ons tyd. En dan is daar nog die daaglikse katastrofes van u persoonlike lewe… Wat hou dit alles nog vir ons en ons
kinders in?
Newer posts »