Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Romeine (Page 2 of 7)

Ons glo aan die kerk 

Skriflesing: Romeine 9:1-33 (2020)
Teksvers: Romeine 9: 6-8

Daar is baie mense wat vandag sal sê dat hulle in die Here glo en Hom met hulle hele hart dien, maar nie meer kerk toe gaan nie. Hulle glo nie die kerk as instelling het meer ‘n plek nie.
Veral jongmense ervaar kerk baie negatief en vervelig en sien nie die doel daarvan of ‘n toekoms daarin nie. Die vraag is: Wat is die kerk en waarom bestaan die kerk?
Ons staan vanoggend stil by wat ons bely oor die kerk en oor kerk-wees in die verklaring van die ware Israel en die egte kinders van Abraham.

Wie van harte bely sal gered word 

Skriflesing: Romeine 10:1-21 (1953)
Teksvers: Romeine 10:6-10

Hoe heerlik as mense saam in eenheid en liefde lewe. Meer nog as dit gebaseer is in een en dieselfde geloof en die belydenis daarvan. Daarom is die volgende hoogtepunt in die erediens-liturgie die gemeenskaplike Geloofsbelydenis. 

Ek onthou dat ek en my skoonseun op 31 Oktober 2017 in die Luther-kerk in Wittenberg in ‘n erediens was (presies 500 jaar na die begin van die Groot Hervorming!), en daar doen hulle toe die Twaalf Artikels in Duits… en ons twee doen dit toe kliphard in Afrikaans… en die vreugde-trane rol, want daardie liefdevolle geloofsbande oor eeue en tale heen het ons onmiddelike eenheid en liefde laat belewe. 

So kan dit elke Sondag in die erediens saam met al u medegelowiges in hierdie gemeente in Centurion gebeur. 

Broers en suster in/van die Here Jesus en mekaar

Skriflesing: Rom 8:14-17; 1 Joh 3:1
Teksvers: Rom 8:15,16

Die belangrike op hierdie Pinkster-Sondag is dat ons moet onthou dat ons twee maal gebore is! Die wedergeboorte deur die Gees is ‘n groot genadegawe waardeur ek en jy in die HUISGESIN van God gebore word. Ons dink dus weer na oor die belang van die gesonde Christelike huis en huisgesin, maar dan is die heel belangrikste dat daardie gesin die Here dien! Dat hulle saam deel is van die huisgesin van God…, want in die geloof is ons ewige familie, ewige broers en susters van mekaar en dit troon vér uit bo die aardse en tydelike.

Hoe dankbaar? 

Skriflesing: Romeine 12 
Teksvers: Romeine 12:1-2 
HK Sondag 1 vr 2 

Ons leer by die kategismus-leraar dat ons troos nodig het. Sy tweede vraag veronderstel dat ons sekere kennis nodig het wat ons sal troos. 

Kennis wat swaarder weeg as die probleem van die gemors waarin ons weens die sonde beland het. Gewoonlik sal ‘n goeie gereformeerde dit opsom as kennis van sonde-verlossing-dankbaarheid… 

Miskien is daar meer in die belydenis as net die drie woorde of dinge. Paulus skryf selfs dat ons ‘n metamorfose moet ondergaan! 

Dood, maar lewend!

Skriflesing: Romeine 6:1-14; Kolossense 2:9-15
Teksvers: Romeine 6:5

In die Romeine-brief kom die Heilige Gees deur die apostel ons daarop wys dat as ons nie eers vir die sonde sterwe nie, kan ons ook nie eintlik vir God lewe nie. Draai dit nou om: Ons is dood vir die sonde en lewend vir God. 

So kom die opstanding van Jesus Christus tot ʼn werklikheid in ons lewens. 

Kyk hoe dit ook simbolies in die sakrament van die Doop geteken word. 

« Older posts Newer posts »