Skriflesing: Romeine 8 (1983)
Teksvers: Romeine 8:1.31
Die sieklike narsisme van die duiwel wil steeds die indruk laat dat ons in die stryd van die geloof tussen hemel en hel hang… Dis asof hy ‘n gelykstaande mededinger is om ons siele. Hy maak sy eie naam groot om ons die idee te gee dat hy die gelyke mededinger van God is.
Dit is ‘n flagrante leuen waarvan ons deur hierdie wonderlike teks van vandag bevry word!