Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Nuwe Testament (Page 57 of 129)

Kom laat ons voortdurend in opregtheid vir alle mense bid

Skriflesing: 1 Timoteus 2
Teksverse: 1 Timoteus 2:1

In hierdie perikoop word ons deur die Heilige Gees opgeroep om vir alle mense te bid. Dit is egter nie menslik moontlik om letterlik vir alle mense te bid nie. Nie vir alle mense in die wêreld nie, ook nie in Suid-Afrika nie en ook nie vir almal in ons eie gemeente of eie familie of vriendekring of kollegas of skoolmaats nie.

Die Here vra egter in hierdie gedeelte dat ons as gelowiges in besonder vir mense in leiersposissies sal bid en veral tydens openbare samekomste van die gelowiges (vers 6). Die Here het besondere redes waarom Hy ons opdrag gee om vir alle mense te bid en dit word mooi in hierdie perikoop uitgelig (vers 2).

Mag die Heilige Gees jou sensitief maak om ook in navolging van Jesus Christus opreg en voortdurend vir alle mense wat in jou lewe ‘n werklikheid is, gelowig te bid.

Geloof maak jou ‘n erfgenaam van God se vryspraak, maar dien tot veroordeling van die wêreld

Skriflesing: Genesis 6 en Hebreërs 11:1-7
Teksverse: Genesis 6:22 en Hebreërs 11:1&7
HK: Sondag 7

Hebreërs 11:1 dui aan dat geloof sekerheid gee oor dit wat ons op hoop en oortuig ons van die dinge wat ons nog nie kan sien nie.

In die lewe van Noag het hierdie woorde ook vir hom en sy gesin tot redding gegeld. Hy het die Here met eerbied en ontsag gehoorsaam en in geloof die ark gebou.  Die Here het hom immers gewaarsku oor iets (die sondvloed) wat gaan kom, maar waarvan daar vir ‘n lang tyd niks sigbaar was nie. Sy gelowige gehoorsaamheid en vertroue in die Here het meegebring dat die ark vir hom en sy gesin gereed was om in te gaan toe die sondvloed plaasgevind het. So is hy en sy hele gesin gered van God se oordeel oor die wêreld. 

Sy geloof en gehoorsaamheid aan die Here het egter nie net tot redding gelei nie, maar ook tot ‘n getuie van verooderling vir al die mense van die destydse wêreld. Teenoor die veroordeling van die ongelowige mense, het Noag deel ontvang van die vryspraak van God se oordeel en so ‘n erfgenaam geword van die ewige heerlikheid.

Waar kom jou geloof vandaan?

Skriflesing: Handelinge 8:26-40
Teksvers: Handelinge 8:35-37
HK Sondag 25

Deur geloof alleen word ons gered. Dit is een van die solismes van die reformasie, Sola Fide. Die vraag is egter waar kom geloof vandaan? Wat veroorsaak dat mense glo? In hierdie merkwaardige verhaal van Filippus wat gelei word deur die Heilige Gees, sien ons die wyse waarop God Homself aan mense in besonder bekend maak deur sy Woord, en hoe die Heilige Gees deur die Woord werk.

Ons staan vervolgens stil by die gedagtes

  1. die Werkmeester,
  2. die Werkmiddel, en
  3. die Werkwyse
« Older posts Newer posts »