Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Nuwe Testament (Page 55 of 129)

Glo in, en bely die Heilige Gees as ware God, Skenker van geloof en ewige Trooster!

Skriflesing: 1 Korintiërs 2:6-16
Teksvers: 1 Korintiërs 2:12-16
HK Sondag 20

“Die Gees wat ons ontvang het, is nie die gees van die wê-reld nie, maar die Gees wat van God kom. So weet ons wat God ons uit genade geskenk het. Dit verkondig ons ook, nie met geleerde woorde wat die menslike wysheid ons leer nie, maar met woorde wat die Gees ons leer. 

So verklaar ons geestelike dinge aan mense wat die Gees het. Die mens wat nie die Gees van God het nie, aanvaar nie die dinge van die Gees van God nie. Vir hom is dit onsin. Hy kan dit ook nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel moet word. Die mens wat die Gees van God het, kan die waarde van alle dinge beoordeel, maar self kan hy deur geen mens beoordeel word nie.” 

1 Korintiërs 2:12-16 

Jou lewe as Christen moet die eienskappe van ’n Soldaat, ’n Atleet en ’n Boer openbaar.

Skriflesing: 2 Tim 2:1-13
Teksvers: 2 Tim 2:4-6

  • Jou lewe as Christen moet die eienskappe van ’n Soldaat, ’n Atleet en ’n Boer openbaar.
  • ’n Christen se lewe moet wees soos ’n soldaat wat aktief, paraat en slaggereed is om te doen wat daar van hom as soldaat verwag word.
  • ’n Christen se lewe moet soos ’n atleet wees wat aktief volgens die reëls aan ʼn wedstryd deelneem. 1 Tim 4:7,8
  • ’n Christen se lewe moet soos ’n boer wees wat hard werk en sy lande voorberei met ’n totale afhanklikheid van God. Jak 5:7

‘n Verbond van genade of ‘n Verbondsoutomatisme!

Skriflesing: Jes 42:1-9; Mat 12:9-21; Gen 17:7,9; Jer 31:31-34; Heb 8:6-13
Teksvers: Jes 42:6-9; Mat 12:20; Jer 31:33; Heb 8:10

God het met Israel ‘n verbond gesluit dat Hy sal hulle God wees. Dit noem ons die “monopleuriese” deel van die verbond, die opstelling van die verbond het van God af uitgegaan. Die tweede deel van die verbond is die “duopleuriese” deel, waar die volk uit dankbaarheid vir God ‘n volk moet wees, gehoorsaam aan God. Ons lees in Heb 8:10
“Want dit is die verbond wat Ek ná dié dae sal sluit met die huis van Israel, spreek die Here: Ek sal my wette in hulle verstand gee en dit op hulle hart skrywe; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees.”

Hoe moet ons as “verbonds-gelowiges” die verbond verstaan en daarvolgens leef?

  • God sluit ‘n Verbond
  • God is getrou aan sy Verbond
  • God vra getrouheid aan sy Verbond
« Older posts Newer posts »