Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Openbaring (Page 6 of 9)

’n Geslote Boek, ’n Geopende Boek, ’n Vertroostende Boek

Skriflesing: Open 5:1-14 
Teksvers: Open 5:5 

In Openbaring 4 lees ons van die “Wetgewende Gesag”. Johannes sien ’n deur in die hemel met God wat op die Troon sit. God die Wetgewer en Wetmaker sit in sy heerlikheid in die hemel.

In Openbaring 5 lees ons van die “Uitvoerende Gesag”. Die uitvoerende gesag moet die wetgewende gesag se woorde openbaar.

Dit kry Hy in die Boekrol wat met sewe seëls verseel is. Maar Johannes sien die boekrol in die regterhand van God en daar is niemand wat die boek kan oopmaak nie. Hy huil verbitterlik, want hy wil weet wat in die boek staan. Vir ons is dit van die grootste belang wat in die boek staan. Daarom gaan ons na drie sake kyk:

  • ’n Geslote Boek.
  • ’n Geopende Boek.
  • ’n Vertroostende Boek.

Nagmaal wys na die Leeu en die Lam

Skriflesing: Openbaring 5:1-14 
Teksvers: Openbaring 5:5,6 

“Toe sê een van die ouderlinge vir my: “Moenie huil nie. Kyk, die Leeu uit die stam van Juda, die Afstammeling van Dawid, het die oorwinning behaal en kan die boek met die sewe seëls oopmaak”.

Toe het ek voor die troon wat omring was deur die vier lewende wesens, tussen die troon en die ouderlinge, ‘n Lam sien staan, die Een wat geslag was. Hy het sewe horings en sewe oë gehad. Die sewe oë is die sewe Geeste van God, wat oor die hele aarde uitgestuur is.”

Jesus Christus is ons Amen

Skriflesing: Openbaring 5:1-14 
Teksvers: Openbaring 5:13-14 
HK Sondag 52

Ons gebruik die woordjie “Amen” so maklik en sonder werklike begrip van die betekenis wat dit dra. Dit is ‘n eg Bybelse woord en tog word dit erken in die wêreld. Want amen is meer as net ‘n woord. Dit is ook ‘n Persoon. In Openbaring 3:14 staan daar: “Dit sê die Amen, die getroue en waaragtige Getuie…” 

As die Jesus self in gesprek was het Hy telkemale sy sin begin met: “Amen, Amen Ek sê vir julle…” Daar is baie meer aan hierdie woordjie om jou gebed mee af te sluit. 

Ons staan vanaand stil by die doksologie van die gebed met die tema: Jesus Christus is ons

Amen. 

Maranata! Laat u Koninkryk Kom!

Skriflesing: Openbaring 22; I Korintiërs 16:22
Teksvers: Openbaring 22:20
HK Sondag 48

“Laat die genade kom en laat hierdie wêreld verbygaan! Amen.
Hosanna vir die Seun van Dawid!
As iemand heilig is, laat hy kom!
En as iemand onheilig is, laat hy hom bekeer!
Maranata! (I Kor 16:22) Amen”


Dié woorde kom uit die eerste eeu n.C. uit die geskrif DIDACHé as aantekening by ons teksvers Op 22:20. Byna 2000 jaar later het die Here nog nie hierdie gebed verhoor nie… wel nog nie volledig nie. Die koninkryk se koms het immers ‘n ‘reeds en ‘n nog-nie’-perspektief, want die koninkryk is hier én aan die kom, en dààrvoor leer die Here Jesus ons bid in die tweede bede. Die koms van die koninkryk geskied op verskeie wyses en ons kyk daarna onder die volgende punte:

  • Die (weder)koms van Christus.
  • Die koms in mense-harte.
  • Die koms deur mense-hande.
  • Die koms deur ons mense-stryd.
« Older posts Newer posts »