Kategorie: Openbaring (Page 5 of 9)
Skriflesing: Op 22:6-21
Teksvers: Open 22:16
“Ek is die helder Môrester!”
As die sonsopkoms, moet ons reg en klaar wees vir die dag se werk. Die meeste van ons staan vroeg op as dit nog donker is, bad, trek aan, eet en berei ons voor vir die dag se werk.
Want as jy laat slaap…
- hardloop jy angstig deur die dag om alles klaar te kry, as jy vroeg opstaan,
- kan jy rustig jou dagtake afhandel.
Om ons te waarsku dat die dag al naby is, is daar ’n helder môrester, Venus, wat helder brand en die naderende dag aandui.
In hierdie laaste gedagte-eenheid van Openbaring, handel dit oor die Christen se gereedheid vir die wederkoms van ons Here Jesus Christus. Daarom gaan ons na drie sake kyk, hoe om ons voor te berei. Ons moet …
- God se Woord gehoorsaam. Op 22:6-11,18-19
- ons lewens rein hou. Op 22:15,16
- voortdurend bid en Jesus Christus se wederkoms verwag. Op 17,20,21
Skriflesing: Openbaring 1:1-3
Teksvers: Openbaring 1:1-2
Ons word soms so maklik mislei deur opskrifte wat nie in die Bybel staan nie. Dink bv. aan die Bybelboek Openbaring wat algemeen bekend staan as die Openbaring van Johannes. Tog staan daar iets heeltemal anders in die eerste verse: die Openbaring van Jesus Christus…
Ons wil vir die volgende paar weke fokus op die Sendingsopdrag soos dit deur die Skrif aan die lig kom met betrekking tot ons taak as kerk om sending te doen en bo dit alles, die ware Sendeling, God self. God stuur Jesus Christus om te openbaar wat gou gaan gebeur, deur die sending van die engel, wat aan Johannes te kenne gee, wat aan sy diensknegte bekend maak.
Dit is die Sending van God, die Missio Dei. Amen