Kategorie: Openbaring (Page 4 of 9)
Skriflesing: Openbaring 8:4
Teksvers: Openbaring 8:1-5
In die lig van die Hemelvaart van Jesus Christus is dit gepas om nog ’n slag na die nut en voordeel daarvan vir ons te bedink.
Ons moet onthou dat ons as sondaars SLEGS deur Christus vir God aanneemlik is. Ons mag onsself nou sy kinders noem, maar dit is slegs en alleenlik moontlik deur die versoeningswerk van die ware en eniggebore Seun van God.
Sonder Hom is ons niks en kan ons nie voor God staan of bestaan nie en wag daar vir ons ’n verskriklike bestemming ons die toorn en oordeel en vloek van God.
In en deur Christus is dit egter heeltemal anders…
Skriflesing: Jes 7:1-25; Matt 1:18-25; Op 21:1-8
Teksvers: Jes 7:14 Matt 1:21,23 Op 21:3
Oor twee weke is dit Kersfees. Gewoonlik word daar nou gepreek oor Jesus se geboorte. Dit is ook reg so, want dit is die tyd van die jaar waar ons terugdink aan Jesus Christus se geboorte. Maar van Jesus se geboorte word al in die Ou Testament van geprofeteer. Trouens, terwyl Adam en Eva nog in die tuin van Eden was, in Gen 3;15, is daar deur God geopenbaar van die verlossing vir sy kinders. As ons dan Jes 7:14 lees, dan blyk dit asof daar direk van Jesus se geboorte geprofeteer word. Maar ons moet die profesieë in konteks bestudeer totdat ons uiteindelik by die volle betekenis daarvan kom.
Ons gaan vanmôre, na die volgende drie sake kyk:
- Die profesie van Immanuel Jes 7:14.
- Die vervulling van Immanuel Mat 1:21,23.
- Die ewige betekenis van Immanuel Open 21:3.
Skriflesing: Openbaring 14 (ook 11-13); Hand 7:55; Jes 3:13; Psalm 82
Teksvers: Openbaring 14:1
In die bose dae van hierdie wêreld moet die kerk sy doel en taak steeds voluit uitleef, naamlik om God te aanbid en goeie getuies vir Hom te wees.
Die wêreld maak dit egter nie makliker nie en bring dit hartseer en swaarkry en lyding vir die kerk van die Here.
Die voorgestelde PEPUDA-wetgewing gaan dinge onder andere redelik ernstig ongemaklik vir ons maak. Natuurlik is dit nie iets vreemds wat met ons gebeur nie (1 Petrus 4:12). Die kerk van die Here moet dit elke dag te wagte wees en ook daarvoor voorberei (Joh 16:33).
Die troos vandag is egter dat die Here Jesus, wat op sy ewige troon sit, regtig vir sy kerk omgee en vir sy kinders in hulle nood bystaan en optree.