Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Lukas (Page 1 of 13)

Jesus is uit die Heilige Gees gebore

Skriflesing: Lukas 1:26-38 (2020)
Teksvers: Lukas 1:35

In die oë van die Jode is Nasaret nie ‘n noemenswaardige plek nie. Inteendeel dit word verag, want sê hulle: Kan daar iets goed uit Nasaret kom? In hierdie eenvoudige dorpie in ‘n eenvoudige huisie woon ‘n arm en eenvoudige plattelandse meisie wat opreg is in haar geloof en godsdiens! 

Skielik verskyn die engel Gabriel aan haar! Dit is ‘n verskyning wat sy in die minste verwag het en nog meer as dit, is die woorde van die engel vir haar sê: “Wees gegroet begenadigde! Die HERE is met jou, geseënd is jy onder die vroue” 

Stry hard in die Geloof

Skriflesing: Lukas 13:22-30 (2020)
Teksvers: Lukas 13:24

Ons het die afgelope klompie weke nagedink oor geloof en wat dit werklik beteken om te glo. Ons Here Jesus leer ons dat nie almal wat net sê hulle glo, is ware gelowiges nie, maar die wat die wil doen van sy Vader. Daarby moet ons ook bereken wat die koste is om te glo. 

Vanaand wil ons die aandag vestig of dit maklik is of nie, om in die geloof te volhard. Ons staan stil by ‘n vraag van ‘n onbekende omstander, maar ook ‘n vraag wat in ons harte leef… 

Toringbouers en Oorlogvoerders is Kruisdraers

Skriflesing: Lukas 14:25-35 (2020)
Teksvers: Vers 27
HK: Sondag 7

Ons dink verder saam oor die betekenis van ‘n ware geloof in Christus wat red. 

In hierdie gedeelte maak ons Here Jesus ‘n geweldige aanspraak dat elkeen wat nie sy kruis dra nie, nie agter Hom kan aankom nie. 

Dit beteken elke mens moet hulle eie kruis dra. 

Maar voordat jy jou kruis opneem, moet jy bereken wat die prys daarvan vir jou lewe is sodat jy nie halfpad kom en dan agter kom jy kan nie die taak voltooi nie. 

Hy vir wie baie vergewe is, het baie lief, maar hy vir wie weinig vergewe is, het weinig lief

Skriflesing: Lukas 7:36 – 50 (2020)
Teksvers: Lukas 7:47

Jesus maak hier ‘n noue verbintenis tussen vergifnis en liefde. Hierdie gedeelte vertel van ‘n vrou wat moontlik ‘n slegte lewe gelei het, en deur Jesus verseker is dat al haar sondes vergewe is. 

Die besef van haar baie sondes, het haar gedring om vir Jesus liefde te betoon en dankie te sê. Sy het nie aan die gebruike en voorskrifte van die Fariseërs gedink nie. Sy het haar besef van vergifnis, in liefdesdade laat oorgegaan. Daarom het sy met haar trane en salf Jesus se voete gewas en met haar hare droog gemaak. 

Wat word in jou lewe sigbaar as jy aan al jou sondes dink wat volkome deur Jesus Christus vergewe is? Kom ons dink ‘n bietjie na oor ons liefde vir die Here en vir mede-gelowiges. Onvergewensgesindheid lei tot liefdeloosheid of ’n gebrekkige behoefte om die Here en my naaste onvoorwaardelik en met oorgawe lief te hê. 

Die jaar van genade en vryheid

Skriflesing: Lukas 4:14-32; Jesaja 61:1-3; Jesaja 66:2 (1983)
Teksvers: Lukas 4:18,19

Maak gerus ‘n tydjie om die twee teksverse van Jes 61 en Luk 4 se aanhaling daarvan met mekaar te vergelyk. 

As Lukas die Here Jesus aan die Griekssprekendes (heidendom) bekendstel, gebruik hy hierdie spesifieke woorde wat nou in die koms van Jesus as die langverwagte Messias vervul is. Vir die Jode van sy tyd voldoen Hy nie aan hulle vereistes nie. So is die prediking van die Gekruisigde Jesus nie so baie aanvaarbaar vir die huidige wêreld met sy wellustige soeke na sukses nie. 

Is hierdie Jesus vir jou genoeg? 

Gee in hierdie lewe verstandige antwoorde, gelowige!

Skriflesing: Lukas 16:1-9 (2020)
Teksvers: Lukas 16:8b

Die antwoorde wat jy in hierdie lewe gee, is veelseggend. 

Die bestuurder in Jesus se gelykenis worstel met die een vraag: “Wat moet ek nou doen?” Die antwoord wat hy gee, is veelseggend. Teenoor die antwoorde wat die mense van hierdie wêreld gee, stel Jesus die antwoorde van die “mense van die lig.” 

Wie deur die Lig verlig is, behoort: 

• die krisisse in hulle lewe gouer en beter te herken en te erken 

• nie deur krisisse verlam te word nie 

• nie in selfsug tydelike vriende te soek nie, maar in liefde “ewige” vriende. 

« Older posts