Kategorie: Kolossense (Page 6 of 6)
Skriflesing: Kol 1:14-23
Teksvers: Kol 1:21-23
Jy het verander. Dit hoor mens gewoonlik na ‘n lang tyd van geleidelike verandering, wanneer iemand skielik besef dat jy nie meer dieselfde persoon is nie. Nadat jy ander gewoontes en ander maniere aangeleer het, dan eers verander jou status in iemand se oë.
Met die Here werk dit anders. Jy word nie verander deur iets wat jy doen nie, maar jy word deur Jesus verander na iets heeltemal anders toe. Dan sit ons wel in die ongemaklike plek dat ons gewoontes moet opvang by dit wat ons werklik is.
Daarom ervaar ons wrywing in ons geloofslewe, omdat Jesus ons verander het vanaf ‘n vyand na ‘n heilige toe.
(Weens tegniese probleme is die opname dalk nie volledig nie)
Skriflesing: Kol 1:24-29
HK: Sondag 10
Hoe sien jy lyding? Hoe reageer jy daarop? Is lyding iets wat jy ten alle koste wil vermy? Is lyding iets wat glad nie ‘n plek in gelowiges se lewens het nie? Of is lyding iets waaroor jy jou kan verbly? Wat leer die Here ons oor lyding en hoe ons dit behoort te sien? Kom luister vanaand saam!
· My lyding kom uit God se hand.
· My lyding gaan nie net oor myself nie.
· My lyding wys dat Christus die hoop op heerlikheid is.
Skriflesing: Kol 3:1-17
Teksvers: Kol 3:17; Fil 2:9-11; Lev 24:15,16; Lev 5:1; Deut 6:13; Jak 5:12
HK Sondag 36+37
In die hedendaagse tyd word daar min betekenis aan Name gegee. Baie mense kies vir hulle kinders net ’n mooi naam of ’n naam waarvan hulle hou. Maar in die antieke wêreld was ’n naam van die allergrootste belang. God het selfs in die Bybelse tyd mense se name verander weens ’n belangrike gebeurtenis of vanweë ’n nuwe roeping of verhouding waarin hulle gestaan het. As Christene dra ons die naam van Jesus Christus. Die naam Christen kom drie keer voor in die Bybel, Hand 11:26; Hand 26:28; 1 Petr 4:16. Jesus Christus se Naam is verhewe bo elke Naam. Fil 2:9-11.
Hebreeuse name waarmee God Homself aan ons openbaar.
El of Elohim – Skepper en Onderhouer God – Gen 1
Jehova Elohim – die HERE God – Gen 2
El Schaddai – die Almagtige God – Gen 17:1
Edonai – God die Sterke. – Jes 1:24
Jehova – Ek is wat Ek is. – Ex 3:14
Jehova Sebaoth – Here van die leërskare. – 1 Sam 4:4