Skriflesing: Judas
Teksvers: Judas vers 20-23

Die aanslag van die drie doodsvyande sal nooit ophou solank ons in hierdie lewe in die geloof bly vashou nie. Maar terselfde tyd moet ‘n mens nie net probeer oorleef nie, jy moet leef! Ten spyte van die aanslae en die verval en teenstand, moet jy opgebou word in die allerheiligste geloof en biddend bly in die Heilige Gees.

Hierdie brief van Judas kan ons ook ‘n opwekking noem vir die geloofstryd. En as ons dit so beskou, is hierdie brief ook aan u en my gerig, rakende ons gemeenskaplike geloof en saligheid in Jesus Christus waarvoor ons moet stry.