Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Johannes (Page 1 of 14)

Jesus het waarlik mens/vlees geword!

Skriflesing: Johannes 1:1-14 en Joh 19:17,18 28-37 (Jes 53:1-5)
Teksverse: Johannes 1:14

Kyk ons terug op die afgelope jaar dan lê daar die herinneringe van pyn, hartseer en verdriet… en mislukkings en teleurstellngs.  Dis net as ons verstaan dat Jesus waarlik mens geword het soos ons, dat ons begryp dat Hy werklik ons nood en seer en siektes kom dra het!

Jesus laat mense hul skimpe sluk

Skriflesing: Johannes 1 en Genesis 28:10-17; Matteus 2:19-23 [Jesaja 53]
Teksverse: Johannes 1:46

Die woordjie “skimp” beteken dat  jy sê iets met ‘n dieper slegte bedoeling en betekenis. Neerhalende gedagtes wat uit jou mond glip.

Mens is mos wat jy dink. Hoe dink jy oor Christus? Daar is baie mense in die wêreld vandag wat niks van Hom dink nie? En jy??

Sien jy die Lam van God?

Skriflesing: Joh 1:19-34; Heb 12:1-3; Op 5:1-7; Job 42:5 (1983)
Teksvers: Johannes 1:29

Die Here leer ons in sy Woord om anders na dinge te kyk. Anders kyk is ook anders dink en doen. In ons eie gedagtes is ons mos tot alles in staat, maar in die oë van die Here net nog verlore sondaars! 

Hy roep ons op om die wonder van sy genade nie mis te kyk nie. Die Man van Nasaret, die seun van die timmerman, die mens Jesus, is die Een wat in staat is om die onmoontlike te doen. Om versoening tussen die heilige God en mense te bewerk. 

En die eenvoudige tekens van die Nagmaal stel u vandag weer in staat om Hom en sy versoeningswerk raak te kyk/sien: Die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem. 

By die gemagtigde “Gerigsvoltrekker” is ek werklik veilig en is ek waarlik vry!

Skriflesing: Johannes 8:1-11 (2020)
Teksvers: Johannes 8:11

Inleiding: Die vrou voor Jesus is skuldig – daaroor is geen twyfel nie. Haar beskuldigers is ook skuldig – daaroor is ook geen twyfel nie. Sy én hulle verdien God se oordeel. 

Jesus skryf die eerste keer op die grond 
Die beskuldigers stap net weg. Hulle doen nie selfondersoek nie! 
Gee gehoor, gelowige, as jy tot selfondersoek gelei word. 

Jesus skryf die tweede keer op die grond 
Die beskuldigde loop nie weg nie. Sy bly by Jesus. 
Selfondersoek moet die regte koers aandui! 

Jesus gee die uitspraak 
Hy gee as “Gerigsvoltrekker” uitspraak 
Sy uitspraak dra volle gesag en bied ware vryheid 

Jesus is Here oor die natuur, vertrou Hom, Hy sorg

Skriflesing: Johannes 6:1-15 (2020)
Teksvers: Johannes 6:5 en 6

In ons lewe mag daar dinge gebeur, mag ons in omstandighede verkeer, waar ons onseker is oor wat vir ons in die toekoms wag. In hierdie gebeure openbaar Jesus dat Hy ons Here is wat altyd vir ons sal sorg. 

Die Heilige Gees verseker ons dat ons Hom kan vertrou. Die Here sal sorg. Hy is met ons besig as ons bekommerd raak of onseker is. Glo en vertrou jy werklik dat die Here Jesus Christus by magte is om vir jou te voorsien en te versorg na liggaam en na gees? 

Mag dit wees dat jy by hernuwing jou lewe oorlaat in volle vertroue in die getroue Here Jesus Christus wat jou sal versorg en sal voorsien in alles wat jy nodig mag hê. 

« Older posts