Skriflesing: Joh 1:19-34; Heb 12:1-3; Op 5:1-7; Job 42:5 (1983)
Teksvers: Johannes 1:29
Die Here leer ons in sy Woord om anders na dinge te kyk. Anders kyk is ook anders dink en doen. In ons eie gedagtes is ons mos tot alles in staat, maar in die oë van die Here net nog verlore sondaars!
Hy roep ons op om die wonder van sy genade nie mis te kyk nie. Die Man van Nasaret, die seun van die timmerman, die mens Jesus, is die Een wat in staat is om die onmoontlike te doen. Om versoening tussen die heilige God en mense te bewerk.
En die eenvoudige tekens van die Nagmaal stel u vandag weer in staat om Hom en sy versoeningswerk raak te kyk/sien: Die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem.