Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Jakobus (Page 1 of 3)

SPIEËL JOUSELF IN DIE WOORD WAT VRYMAAK

Skriflesing: Jakobus 1:19-27; Matteus 7:13-28 (1983)
Teksvers: Jakobus 1: 22-25

Ons het verlede week gehoor dat elke mens ‘n keuse of keuses het, maar nie ‘n vrye wil nie. Ons het eenvoudig nie die waarheid in onsself nie en moet dus van die slawerny van ons sondige wil bevry of vrygemaak word! 

Hierin sien ons die liefdevolle en genadige hand van die God en Here wat ons in Christus só liefhet dat Hy vir ons die wet gegee én vervul het. En nou kan ons deur die geloof (die nou poort) ingaan en op die (smal) pad van gehoorsaamheid lewe deur die krag van sy Gees. 

Hierin moet ons egter God se medewerkers wees en daarvoor het Hy ons sy Gees en Woord gegee. 

« Older posts