Skriflesing: Hebreërs 11:1-16 (ook 10:39); Johannes 14:1-6; 1 Joh 3:1-11 (1983)
Teksvers: Heb 11:16
Pelgrims was in die Bybelse tyd die mense wat oppad was na die stad Jerusalem, veral na die tempel, om te gaan aanbid. Oppad na God en sy nabyheid in sy tempel.
Ons het reeds geleer dat Hy nie net die doelwit daar doer vèr is nie, maar dat Hy ook ons hulp en medereisiger oppad is, wat by ons bly ter wille van sy liefde in en deur Jesus Christus.
Hy skaam Hom nie vir ons nie, en ons dra sy Naam. Eerder: Hy vereenselwig Hom met ons naam!
Hy berei vir ons die mooiste stad voor, waar ons saam met Hom kan woon.