Skriflesing: Handelinge 13:13-52 (2020)
Teksvers: Handelinge 13: 46-48
Die apostel Paulus is, gelei deur die Heilige Gees saam met Barnabas op die eerste sendingreis.
Nadat hulle Ciprus besoek het, vaar hulle terug na die vasteland, en van Perge loop hulle deur die Taurus- berge tot by Antiogië in Pisidië. Hulle verkondig kragtig die evangelie, en die hongerige harte van die mense begeer om nog te hoor. Maar die volgende Sabbat, as die hele stad kom om die evangelie te hoor, is die harte van die Jode vol onguns.
Is die ewige lewe tog die moeite werd?