Skriflesing: Galasiërs 4:21-5:1 (1953); Galasiërs 5:1 (1983); Openbaring 21:1-3; Psalm 87
Teksvers: Galasiërs 4:26; 5:1
Paulus se doring in die vlees was waarskynlik die Jode wat alles wat hy met sy sendingwerk opgebou het weer probeer afbreek het. Hulle wou die mense net weer aan die wet van Moses verslaaf en hulle van hulle nuwe vryheid beroof.
Vandag bekyk ons die figuurlike verstaan van ware en vrye kerk-wees deur die beeld van “Jerusalem daarbo”.
En dan kom die oproep van Paulus in Gal 5:2 – “Moet julle nie weer onder ‘n slawejuk laat indwing nie”.