Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: Filippense (Page 1 of 4)

Reik uit na meer in 2026

Skriflesing: Filippense 3
Teksverse: Fil 3:14 (12-14)

Ons is alweer n paar dae in die nuwe jaar in en mag ons mekaar vandag aanmoedig om met uitsig en verwagting die jaar aan te pak.

Volkome Blydskap is Alleen in Christus

Skriflesing: Filippense 2:1-11 (2020)
Teksvers: Filippense 2:5-8

Ons blydskap moet volkome wees, dit is die oproep. Om waarlik vreugde te vind in hierdie gebroke en stukkende wêreld is nie maklik nie. Wanneer ons beledig of verneder word, is dit ons tot skande. 

Ons Here Jesus Christus is anders, Hy het Homself verneder, Hy het Homself ontledig, en ‘n mens, ‘n slaaf geword, om te dien. Die inkarnasie, waar Jesus as die ewige ware God, mens word, is die ondenkbare vernedering wat ons nie self kan dra nie. 

Daarom kan ons blydskap alleen volkome wees in Christus. 

Deur vernedering verhoog

Skriflesing: Fil 2: 5-11 (1953)
Teksvers: Fil 2: 5-11

“[5] Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was. [6] Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie, [7] maar het Homself ontledig deur die gestalte van ‘n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword; [8] en in gedaante gevind as ‘n mens, het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis. [9] Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom ‘n naam gegee wat bo elke naam is, [10] sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is, [11] en elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader.” 

God gee nie moed op met sy mense nie

Skriflesing: Filippense 1 (1983)
Teksvers: Filippense 1:6
DL Hfst 5

Daar is baie dinge wat ons blydskap steel. Een is twyfel. Twyfel aan jouself. Aan die Woord. Aan God! 

Ons twyfel maklik en dan bekruip die moedeloosheid en swartgalligheid ons soms sommer helder oordag. Dit is waarskynlik daaraan te wyte dat ons so maklik tou opgooi. As dinge bietjie swaar word, as ons begin sukkel, nou-ja dan staak ons sommer en gooi tou op. 

Ons gees doen nogal dieselfde soort ding as dit by geloof in God kom. 

Ons vergelyk God eintlik met onsself! En daarin vind Paulus die verskil: God is nie soos ‘n mens, soos ons nie! Hy gooi nie sommer net handdoek in nie. Nie dat ons dit vir Hom eintlik maklik maak nie. 

God se Naam is heilig en moet altyd met eerbied gebruik word!

Skriflesing: Fil 2:5-11
Teksvers: Fil 2:9-11; Spr 22:1a
HK: Sondag 36

Het jy ’n familienaam of net ’n mooi naam, ’n beskrywende naam? 

  • Is jy trots op jou naam?
  • Wat is in ’n naam? 

Is ’n naam so belangrik? 

Spr 22:1 

“’n Goeie naam is meer werd as groot rykdom, die goeie gesindheid van ander meer as silwer en goud.” 

Maar…Vir ons as christene, as kinders van God, as belydende gelowiges, kan daar niks beter en groter wees nie as… 

Om God se Naam reg te gebruik nie! 

« Older posts