Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: 2 Timoteus (Page 1 of 2)

Mý Evangelie!

Skriflesing: 2 Timoteus 2:8

Kom in die gees van die gebeure van die Paasfees in Jerusalem 2000jr gelede, en kom sing en luister na voorlesings en koorsang en prediking oor die grootste en beste nuus van alle tye. 

Jou lewe as Christen moet die eienskappe van ’n Soldaat, ’n Atleet en ’n Boer openbaar.

Skriflesing: 2 Tim 2:1-13
Teksvers: 2 Tim 2:4-6

  • Jou lewe as Christen moet die eienskappe van ’n Soldaat, ’n Atleet en ’n Boer openbaar.
  • ’n Christen se lewe moet wees soos ’n soldaat wat aktief, paraat en slaggereed is om te doen wat daar van hom as soldaat verwag word.
  • ’n Christen se lewe moet soos ’n atleet wees wat aktief volgens die reëls aan ʼn wedstryd deelneem. 1 Tim 4:7,8
  • ’n Christen se lewe moet soos ’n boer wees wat hard werk en sy lande voorberei met ’n totale afhanklikheid van God. Jak 5:7

Ons ontrou teenoor God se getrouheid! Die grootste troos van genade! GOD BLY GETROU!

Skriflesing: 2 Tim 2:1-13 
Teksvers: 2 Tim 2:13; Psalm 33:4,5 

Ons sterkte lê nie in ons eie krag, of óns groot geloof nie. Ons sterkte lê in Jesus Christus Dit gaan oor die onverdiende genade wat God aan ons gee deur Jesus Christus. Daarom moet ons in harmonie met ons medegelowiges saamleef. Ons het die wonderlike belofte van genade. God se genade aan ons is onverdiend aan ons gegee. Hierdie wonderlike genade dien tot ‘n ontsettende groot troos vir elke Christen. Dit klink asof hierdie laaste drie verse voorwaardelik is vir redding. Nee, die teendeel is juis waar, vanweë ons geloof uit genade is ons bevoorreg om te weet dat God is altyd getrou. Ons gaan na drie sake kyk: 

  • Ons lewe deur Jesus Christus. 
  • Ons regeer deur Jesus Christus. 
  • Ons leef vanweë Jesus Christus se getrouheid. 

Van Stryd tot Oorwinning in en deur Christus

Skriflesing: 2 Tim 4:6-8 
Teksvers: 2 Timoteus 4:6-8 

Vandag doen 21 kinders van ons gemeente Publieke Belydenis van Geloof in Jesus Christus! Ons kyk terug op die opvoedingspad en dan vorentoe na die stryd wat nog voorlê… 

Ten minste gee die Here ook die belofte van oorwinning! 

Onthou die jaartema: Meer as Oorwinnaars deur Hom! Meer as net wenners in hierdie lewe. Daar wag ‘n kroon (Grieks:stefanos)van oorwinning! Dit opsigself dra al die belofte van die oorwinning. En dan word dit genoem ‘die kroon van geregtigheid’! 

Laat ons mooi nadink oor die stryd op die pad vorentoe, maar vashou aan sy beloftes! Daar wag ‘n groot verrassing .

Wedergeboorte lei tot sekerheid en dankbaarheid

Skriflesing: 2 Tim 3:10-4:22 Jak 4:4
Teksvers: 2 Tim 4:10 Jak 4:4
DL Hoof 3 en 4 par 7-17

  • Wees ywerig en getrou in diens van God.
  • Wees gewaarsku teen die suigkrag van die wêreld.

Hierdie artikels van die Dordtse Leerreëls is baie troosvol. Want hier word dit baie duidelik gestel hoe groot God se genade en vertroosting is deur die wedergeboorte. Maar elke mens bly ‘n sondaar. Maar na jou wedergeboorte is jy in staat om al meer en meer te kies om die regte lewe te lei. Alles is en bly God se genade wat jou lei deur die Woord, Gees, sakramente en die tug. Bly altyd ywerig om God te dien. Bly altyd waaksaam teen die verleiding van die Satan, die wêreld en jou eie vlees.

Laai af

God het ons gered, geroep om toegewy aan Hom te lewe

Skriflesing: 2 Tim 1:1-18
Teksvers: 2 Tim 1:9

Die meeste van ons het van babadae van God gehoor en geleer. Die meeste van ons is onderrig en geleer in die Christelike, gereformeerde leer vanaf graad 1-11. Wat ‘n voorreg! Op die manier het ons God leer ken, sy Woord leer ken en het God die geloof aan ons geskenk. Ja sonder enigste verdienste van ons kant het God ons begenadig met geloof en liefde. Die geloof en die kennis van God en van die evangelie het, moet ons in dankbaarheid leef.

Maar nou dat ons volwasse mense is en ons God ken en belydenis van ons geloof gedoen het of nog wil doen, moet ons dapper, entoesiasties en geestelik lojaal teenoor God wees. Want om God te dien is die belangrikste en die heerlikste roeping en taak wat ons op aarde het. Daarom is die belydenis van geloof aflegging sekerlik die grootste en belangrikste gebeurtenis in elke gelowige se lewe.

2 Tim 1:9

“Hy het ons gered en ons geroep om aan Hom toegewy te wees. Dit het Hy gedoen, nie op grond van ons dade nie, maar op grond van sy eie besluit en die genade wat Hy van ewigheid af in Christus Jesus aan ons geskenk het.”

Laai af

« Older posts