Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: 1 Petrus (Page 7 of 7)

Die gelowige se roeping in’n bose wêreld

Skriflesing: 1 Pet 2:11-17
Teksvers: 1 Pet 3:8-12

  1. Die wêreld waarin ons geroep is. Die apostel Petrus skryf vir “vreemdelinge en bywoners” wat ter wille van hulle geloof ly. Die mens wat in Christus verlos is, gaan ʼn vreemdeling wees in die wêreld en ter wille van Hom gespot word. Die wêreld se stryd teen die kerk duur al vanaf die sondeval voort tot vandag toe.
  2. Die inhoud van ons roeping. Petrus sê egter ons is geroep om in hierdie bose wêreld in liefde te lewe. Dit geld in die eerste plek vir medegelowiges onder mekaar in die kerk, maar dit sprei ook uit na buite om selfs die mense wat jou kwaad aandoen, te seën.
  3. Die seën op ons roeping. Hierdie roeping behoort die gelowige vol te staan sodat ons die seën van God kan erf (v. 9). Hierdie erfdeel is in die eerste plek die ewige lewe wat ons deur genade alleen van God af ontvang, maar gedeeltelik word die seën in hierdie wêreld reeds sigbaar in God se teenwoordigheid ten midde van ons swaarkry.

Laai af

Satan dink hy is ’n leeu wat kan oorwin, Christus is die leeu wat oorwin het!

Skriflesing: 1 Petr 5:1-14; (Gen 49:10-12; Open 5:5)
Teksvers: 1 Petr 5:8

Is jy elke dag waaksaam en wakker? Is jy waaksaam teen die duiwel, die Satan? Die Satan is elke dag hard besig om die mense en veral die Christene te verlei en te mislei, sodat hulle van God afvallig sal word.

Ons gaan na die volgende sake kyk:

  1. Satan dink hy is die leeu wat kan oorwin.
    • Respekteer Satan, want hy is gevaarlik.
    • Herken Satan, hy doen homself voor as die Engel van die lig.
    • Weerstaan Satan.
  2. Christus is die Leeu wat oorwin het.

Laai af

Eenmaal ‘n kind van God, altyd ‘n kind van God: Waar of vals?

Skriflesing: 1 Petrus 5:10
Teksvers: 1 Petrus 5:10

Kan dit wees dat iemand verlore kan gaan wat werklik tot geloof in die verlossing in en deur Jesus Christus gekom het? Paaie loop uiteen in die geloofswêreld oor volkome geloofsekerheid en blywen-de geloofsekerheid. Waarom is daar uiteenlopende beskouinge oor geloofsekerheid? Die rede kan gesoek word in die verskil in beskou-ing oor Wie God is en in die beskouing oor wie die mens is, asook waartoe die mens in staat is na die sondeval.

Is daar iets goeds in die mens self? Is die mens in homself in staat om in die geloof enduit te kan volhard? Of is dit eerder God wat met die gelowiges enduit volhard?

Het jy geloofsekerheid? Op grond waarvan het jy hierdie sekerheid? Of aan die ander kant wat is dit wat jou laat twyfel?

Laai af

Ready, steady, go…!

Skriflesing: Matteus 28 en Hand 1:8; I Pet 3:13-17
Teksvers: 1 Petrus 3:15 (13-17)

Na die hemelvaart van die Here Jesus en die groot opdrag is die dissipels na die bokamer en daar word ‘n week later die Heilige Gees op hulle uitgestort. So kry hulle die krag van die Gees om aan hulle opdrag te voldoen: Om getuies te wees. Hierdie opdrag word al moeiliker as die wêreld die gelowiges nie meer duld nie. As vervolging kom sal dit baie moeilik wees om goeie getuies te wees.
Ons teks kom met ‘n baie besliste oproep dat ons gereed moet maak en wees vir wat aan die kom is… Die vraag wat dus gestel gaan word is: Hoe gereed is ek en jy? Miskien moet ons bietjie harder gereedmaak. Die eindtyd is hier en die aanslag van die wêreld op die kerk gaan nou net eskaleer. Is jy gereed?

Laai af

Newer posts »