Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: 1 Petrus (Page 6 of 7)

Noag se ark is simbolies van die doop van God se genade

Skriflesing: 1 Petr 3:13-22
Teksvers: 1 Petr 3:20

Die simboliese betekenis van die ark wat Noag gebou het, is baie meer as net ‘n blote boot waarop diere en agt mense gered is van ‘n watermassa. Dit is ook ‘n teken van die doop. Die formuliergebed by die doop lui as volg: “U het volgens u streng oordeel die ongelowige en onboetvaardige wêreld met die sondvloed gestraf en die gelowige Noag met sy gesin – agt mense – deur u groot barmhartigheid gered en bewaar;…waardeur die doop afgebeeld is.”

Noag se ark was ….

  • ‘n gehoorsaamheidsdaad 1 Petr 3:20
  • ‘n waarskuwingsdaad 1 Petr 3:20
  • ‘n reddingsdaad 1 Petr 3:20

Wees bly oor beproewings met Hoop deur Geloof in die Liefde

Skriflesing: 1 Petrus 1: 1-25
Teksvers: 1 Petrus 1:6-9

Geloof, Liefde, Hoop… Dit is drie terme wat deurgaans in die Nuwe Testament soos ‘n refrein herhaal in feitlik elke Bybelboek. Dit is veral in die Pauliniese briewe baie pertinent, en die bekendste aanhaling sekerlik uit 1 Korintiërs 13. Die wyse waarop Paulus hierdie begrippe gebruik, het telkens ‘n klemverskuiwing.
Dit geld ook vir die briewe van Petrus en Jakobus. Hier in 1 Petrus 1 staan die drie begrippe sentraal in die oproep van Petrus aan die gelowiges in die verstrooiing. Ons staan vanoggend stil by die blydskap van ons beproewings wat ons met Hoop aanpak, deur die behoud van ons geloof in Jesus Christus, in die vaste versekering van Sy Liefde. Amen

Jesus Christus is ons Here!

Skriflesing: 1 Petr 1:17-21; 1 Petr 2:9
Teksvers: 1 Petr 1:17-21; Joh 20:28
HK: Sondag 13

Met watter respek en gesindheid en kennis praat jy oor God? Ons hoor so baie vandag, dat selfs Christene en gelowiges, met.., oor en van God praat, asof God hulle maatjie is, hulle aardse vriend, iemand met wie hulle baie familiêr kan raak. Daarom hoor ons dat mense van God praat as….

  • Die Oubaas daarbo…
  • Die Grootbaas…
  • Die groot Oom….
  • Ons Pappie…
  • Van Jesus Christus as ons Boetie…

Lev_11:44 “Ek is die Here julle God. Wy julle aan my diens en wees heilig, want Ek is heilig…”

Ons gaan na drie sake kyk:

  1. Ons noem God ons Vader.
  2. Ons noem Jesus Christus die Eniggebore Seun van God.
  3. Ons noem Jesus ons Here.

Laai af

Soos goud gelouter!

Skriflesing: 1 Petrus 1:1-12
Teksvers: I Petrus 1:6,7

Dit is nogal ‘n hele proses om die goud uit die gouderts te haal. (1 metrieke ton erts lewer net tien gram suiwer goud!)

In kort gebeur die volgende: Nadat die erts fyn gemaal is word dit met water (deesdae ook met sianied in die oplossing) gemeng om geskei te word. Met die hulp van sinkstof word die goud uit die oplossing gehaal en die residu word met verdunde swaelsuur behandel om die ander metale te verwyder.

Die ru-goud (staafgoud) word na die raffinadery gestuur waar dit in die smeltkroes van tot 1150 grade C verhit word om dit nog suiwerder te maak – die louteringsproses! In die proses dryf die metaalchloriede bo-op die goud en kan maklik afge-skep word. Elke keer wat die proses herhaal word, word die goud suiwerder, om so 9, 18, 24 karaat of selfs beter goud te verkry.

Laai af

« Older posts Newer posts »