Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: 1 Korintiërs (Page 3 of 5)

Glo in, en bely die Heilige Gees as ware God, Skenker van geloof en ewige Trooster!

Skriflesing: 1 Korintiërs 2:6-16
Teksvers: 1 Korintiërs 2:12-16
HK Sondag 20

“Die Gees wat ons ontvang het, is nie die gees van die wê-reld nie, maar die Gees wat van God kom. So weet ons wat God ons uit genade geskenk het. Dit verkondig ons ook, nie met geleerde woorde wat die menslike wysheid ons leer nie, maar met woorde wat die Gees ons leer. 

So verklaar ons geestelike dinge aan mense wat die Gees het. Die mens wat nie die Gees van God het nie, aanvaar nie die dinge van die Gees van God nie. Vir hom is dit onsin. Hy kan dit ook nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel moet word. Die mens wat die Gees van God het, kan die waarde van alle dinge beoordeel, maar self kan hy deur geen mens beoordeel word nie.” 

1 Korintiërs 2:12-16 

Waardige nagmaalviering

Skriflesing: 1 Kor 11
Teksvers: 1 Korintiërs 11:27-29 

In die Rooms Katolieke Kerk word die nagmaalbrood vooraf deur die priesters geseën en dan verander dit in wese tot die liggaam van Christus! (So word die doopwater ook gewyde water!) Dit is die Transsubstansiasieleer van die RKK. Hulle noem die broodjie daarom nie meer ‘brood’ nie, maar wel ‘n “hostie”. Dit is afgelei van die Latynse woord ‘hostia’ wat offer-lam beteken.
Gevolglik mag gewone mense, onwaardige leke, nie die heilige brood of wyn hanteer nie. Dalk mors hulle daarvan of daarmee!
Ons teks vandag gaan oor waardige en onwaardige nagmaalviering. Jy kan selfs in ‘n oordeel kom, beskaam word, as jy nie mooi oplet nie. Die vraag is dus: Is jy waardig? Wie mag dan Nagmaal vier? Wat is onwaardig? Ens.

Die grootste van die Liefde is God

Skriflesing: 1 Korintiërs 12:27- 13:13
Teksvers: 1 Korintiërs 13:13

Liefde is die groot gebod… Die Liefde is die grootste. Hierdie is vir niemand nuwe nuus nie. Die groot vraag is egter wat beteken liefde? In Afrikaans is daar baie verskillende woorde wat verskillende vorme van liefde verduidelik soos barmhartigheid, ontferming, medelye, vriendskap ens. Tog gebruik ons een begrip om verskillende vorme van liefde uit te druk. Dink bv. Jy is lief vir jou ouers, jy is lief vir jou kinders, jy is lief vir jou eggenoot, jy is lief vir jou stokperdjies, lief vir die natuur ens. Nie een van hierdie liefdevorme is dieselfde nie…

Ons sien vanoggend in die Nagmaal die hoogste vorm van liefde, die grootste van die liefde, is God. Amen

« Older posts Newer posts »