Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Kategorie: 1 Korintiërs (Page 1 of 5)

Die kruisiging van Jesus Christus is die spilpunt van ons verlossing

Skriflesing: 1 Kor 2: 1-5 (2020)
Teksvers: 1 Kor 2:2

In ons Christelike geloofslewe beklee die kruisiging van Jesus Christus ‘n baie sentrale plek. Inderdaad is die kruisiging van Jesus Christus die spilpunt waarom ons verlossing draai. Sonder die kruisiging, die dood, die oordeel, die vloek en straf wat Jesus Christus op Hom geneem het, sou daar geen troos of hoop vir ons gewees het nie. 

Mag jy weer nadink oor die rede waarom Jesus gekruisig is en gesterf het. Mag jy by hernuwing dankbaar wees dat die Here dit beskik het, en dat Jesus Christus vrywillige gewillig was, om die verlatenheid van God en mense aan die kruis deur te gaan. So alleen kan ons verseker wees dat Hy die straf en oordeel wat ons moes toekom, op Hom geneem het en aan ons die sekerheid kom gee het dat God ons nooit sal verlaat nie. 

Onder die Wolk en Deur die See

Skriflesing: 1 Korintiërs 10:1-14 (2020)
Teksvers: 1 Korintiërs 10:1-4

Die verlossing uit Egipte is nie alleen die bevryding van die volk uit die slawerny en onderdrukking van Egipte nie, daar is ook ‘n dieper geestelike betekenis van die doop en die nagmaal. Die wyse waarop die 10 plae die Egiptenare tref, en veral die duisternis en die dood van die eersgeborenes met die bloed van lammers teen die deurkosyne is baie bekend. 

Wat egter nie so duidelik is nie, is die simboliek van die wolk en die see, waardeur die Israeliete bevry word. Hier in Korintiërs verduidelik die apostel aan ons die belangrikheid van God se verlossing wat simbolies vooruit getuig van die werk van ons Verlosser, Jesus Christus, die ware Rots waaruit ons drink en in wie ons gedoop word om ons te bevry van die sonde. 

Ons word geroep tot gemeenskap met Christus

Skriflesing: 1 Korintiërs 1:1-9 (2020)
Teksvers: 1 Korintiërs 1:9

Ware gemeenskap is meer as net die woord Koinonia. Van die begin af, toe God die mens geskep het, het Hy reeds in gemeenskap met Homself geleef as Vader, Seun en Heilige Gees. Die skepping van die mens was om in hierdie gemeenskap met God te deel. Deur die sonde is hierdie gemeenskapsverhouding met God tot niet, en skynbaar onherstelbaar verbreek. 

Deur Jesus Christus word ons geroep tot ware gemeenskap met God. 

Christus is ons anti-biotika

Skriflesing: 1 Korintiërs 6:1-20 (2020) 
Teksvers: 1 Korintiërs 6:3-4 
HK: Sondag 41 

Die liggaam van die mens is nie ‘n boutique van die sonde waar ons leef met die vervulling van die begeertes en behoeftes van ons alledaagse nie, maar ‘n tempel van die Heilige Gees. 

In hoofstukke 5, 6 en 7 van die eerste brief aan die Korintiërs beskryf die apostel Paulus die gesindheid waarmee die gemeente leef, omdat hulle verkeerd verstaan wat hulle vryheid in Christus beteken. 

Ons staan vanaand stil by die tema: Christus is ons anti-alledaagse (biotika) omdat ons heilig is vir God. 

Christus het deur sy opstanding die dood oorwin.

Skriflesing: Mat 28:1-10; Kol 3:1-17; Rom 8:11,34
Teksverse: Mat 28:5-7; Kol 3:1,2; 1 Kor 15:3-6,20,21

Die dood word dikwels beskou as ‘n onherroeplike, onherstelbare verlies.   Mense dink dit is die ergste wat met ’n mens kan gebeur, jy gaan dood en dan is dit klaar met jou.  Maar, Christus se opstanding uit die dood, is die grootste wonder van alle tye!  Juis die sondige mens wat nie glo in die opstanding nie, is hier totaal en al verkeerd bewys, wat menslik onmoontlik is, het deur die krag van God waar geword.   Die skepping het as ’n ware in afwagting asem opgehou, sou Jesus Christus uit die dood opstaan of nie.  Kolossense konstateer die feit dat ons saam met Christus uit die dood opgewek is.   Ons glo dit en bely dit en die Heilige Gees getuig dit in ons harte.  Dit is ook ons belydenis dat Christus nie net uit die dood opgestaan het nie, maar ook dat daar vir ons nut is in sy opstanding.

« Older posts