Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion.

Skrywer: admin (Page 325 of 329)

Dis die laaste dae, bly weg van goddelose mense

Skriflesing: 2 Timoteus 3
Teksvers: 2 Timoteus 3:1 en 5

In die laaste dae sal daar mense wees wat hulle nie aan die gebooie en opdragte van die Here sal steur nie. Hierdie goddelose en selfgesentreerde mens kan ook die lewe vir die gelowiges moeilik maak. Mense se onbybelse, selfgesentreerde lewe en goddelose gedrag maak die lewe vir ‘n gelowige al hoe moeiliker.
Tog is dit wonderlik dat die Here in die laaste dae, ten spyte van swaarkry, aan ons hoop gee. Teen alles in, bly ons hoop en vertrou dat die Heilige Gees mense tot inkeer en bekering sal bring. Ten spyte van swaarkry, kan niks die vreugde in die Here van ons kom wegneem nie. Daarom roep die gedeelte ons op om weg te bly van mense wat goddeloos en selfgesentreerd lewe.
Mag jy die Here altyd eerste in jou lewe stel en ander mense altyd hoër ag as jouself. Weet verseker dat jy wat in die geloof volhard, eendag met die wederkoms van Jesus Christus die volle vreugde sal ontvang.

Laai af

Die sleutels van die koninkryk van die hemel (2): Die kerklike tug of dissipline as teken van die ware kerk

Skriflesing: Matteus 18:15-35; Matteus 16:13-20
Teksvers: Matteus 18:15-35
HK : Sondag 31b

As ons die kerk beskou as die huisgesin van God (Ef 2:19; 1 Tim 3:15), dan is God self die Vader. Die kerk as organisasie sou dan ons Moeder wees( Gal 4:26; Lk 8:21). Calvyn het die spreuk van die kerkvader Cypria-nus ontleen: “Wie die kerk nie het as moeder nie, het God nie as vader nie”. In die huisgesin van God moet daar eg-ter soos in elke huis dissipline gehandhaaf word. In die ware kerk van Christus word dit gedoen deur die toepas-sing van die kerklike Tug of die ban (Kerkorde Artikels 70-83). Tug oor leraars en ampsdraers en ook oor lidmate gaan hoofsaaklik oor leer en lewe. Hierdie groot verant-woordelikheid moet egter altyd geskied volgens “die weg/pad van Matteus 18”.
Kom ons bevestig net weer dié weg… en dat onsself aan die gesag van die kerk, dws aan die gesag van Christus onderwerp!

Laai af

God staan in beheer van die lyding van sy kinders

Skriflesing: 2 Konings 8
Teksvers: 2 Konings 8:11-13

In 1 Konings 19:15-16 gee die Here vir Elia opdrag om vir Gasael tot koning van Aram asook vir Jehu tot koning van Israel te salf. Verder moes hy vir Elisa as profeet van die Here en opvolger van Elisa salf. Uit hierdie gedeel-te in 2 Konings 8:7-14 wil dit voorkom dat Elia moontlik nie vir Gasael tot koning van Aram gesalf het nie, maar die taak aan Elisa oorgelaat het.
Waarom sou die Here aan Elia die opdrag gegee het om vir Gasael tot koning van Aram te salf as Gasael soveel leed vir die Israeliete sou veroor-saak? Die lyding van Israel deur Gasael sou so erg word, dat dit vir Elisa in trane laat uitbars het.
Kan dit wees dat die Here ‘n koning soos Gasael sou aanstel, wetende dat die Israeliete baie swaar sou kry onder hom? Kan dit wees dat die Here dit sou beskik of toelaat dat sy kinders swaar sal kry onder die bewind van ‘n slegte heerser?

Laai af

Wie mag?

Skriflesing: Ps 15 en24; Jes 33;Matt. 5; Op 21:8;22:14
Teksvers: Ps 15

Volgens Psalm 15 moet jy volmaak wees om voor God te verskyn. Volmaak! Wie mag dan ingaan na God toe? Wie mag in sy teen-woordigheid staan? Dink jy dat jy dit sal oorleef? ‘n Mens soos ek en jy? Goeie vraag.
Die antwoord is nie so eenvoudig nie en tog is dit eenvoudig: Jy kan nie. Hy kan. Die vraag is wie is hy wat kan? Is daar vir jou en my ‘n pad? Kan ons volmaak wees? Die vrae hou net nie op nie! Is daar antwoorde? Wel oordink dit vandag en dan luister ons vanaand … hoe eenvoudig (en wonderlik) dit eintlik is!

Laai af

Jesus Christus heers as koning aan die regterhand van die Vader

Skriflesing: Psalm 110; Matteus 22 en Efesiërs 1
Teksvers: Psalm 110: 1; Matteus 22:41-46 en Efesiërs 1:18-23
HK Sondag 19

Jesus Christus sit aan die regterhand van die Vader om sodoende te bevestig dat Hy die Hoof van sy Christelike kerk is. Dit het meegebring dat ons Hoof, Jesus Christus, deur sy Heilige Gees die hemelse gawes in ons, sy lede, uitstort het.
Verder word ons verseker dat Hy ons met sy mag teen alle vyande be-skerm en bewaar. As ek dan swaar kry, dan kan ek getroos lewe tot met die wederkoms van Christus. Hy sal dan kom om die lewendes en die dooies te oordeel.
Tot dan wag ek met gespanne verwagting op die Regter uit die hemel. Dit is immers Hy wat hier op aarde in my plek voor die regbank van God gestel en alle vervloeking van my weggeneem het. Verder is ek vertroos in die wete dat Christus al sy en my vyande in die ewige verdoemenis sal werp, maar vir my, saam met al die uitverkorenes, na Hom in die hemel-se blydskap en heerlikheid sal saamneem.

Laai af

« Older posts Newer posts »